Sunheart
Welkom by Universiteit Stellenbosch
sunheart

​SUNheart is van stapel gestuur om as platform te dien wat die entoesiasme en toekomsdrome van die talentvolle kardioloë en ondersteunende personeel van die Afdeling Kardiologie van Stellenbosch Universiteit en Tygerberg Hospitaal te huisves.

Die Afdeling doen verantwoording aan die Universiteit ten opsigte van die opleiding en navorsing wat ons uitvoer en ons doen verantwoording aan die Departement van Gesondheid ten opsigte van die kliniese pasiënte diens wat ons lewer. Wanneer dit egter kom by die standaarde wat ons stel doen ons verantwoording aan onsself. Ons verskaf hoogsgespesialseerde kardiale sorg aan die pasiënte wat ons bedien en doen dit na die beste van ons vermoë en volgens internasionale standaarde. Ons verskaf opleiding aan kandidate vanaf alle uithoeke van die kontinent van Afrika en strewe daarna om die mees uitnemende kardiologie opleiding en navorsingseenheid op die kontinent te wees. Ten einde ons doelwitte te bereik en voort te gaan om te funksioneer as 'n sentrum van uitnemendheid vir klep en perikardiale siekte asook vir gevorderde kardiale beelding, moes ons ons inkomste basis verbreed om ons in staat te stel om die nodige uitbouing van ons infrastruktuur en kundigheid te realiseer.

SUNheart vergestalt die helder visie van ons Afdeling om 'n leier te wees onder die kardiologie eenhede op die kontinent van Afrika en stel 'n meganisme beskikbaar wat ons befondsingsvennote kan benut ten einde ons visie te ondersteun.​