Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​Gelykheidskampioene​

Rolle en funksies van GK's

Gelykheidskampioene: transformeer deur dialoog

Ontmoet die span



​Die rol van die Gelykheidskampioene-span is om luisterruimtes in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe te skep en te fasiliteer. Konstruktiewe dialoog en gesprekke tussen individue of groepe word aangemoedig. Die doel om luisterruimtes te skep en te koester is deel van die gelykheid, diversiteit en menseregtestrategie van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Onbevreesde gesprekke kan fokus op plaaslike kwessies wat studente, fakulteitslede, ondersteuningspersoneel en kontrakteurs van die universiteit in staat kan stel of belemmer om by te dra tot 'n insluitende omgewing. Die spesifieke verantwoordelikhede van Gelykheidskampioene-span is:

  • Om veilige ruimtes te skep waar daar met meegevoel en begrip na alle stemme geluister sal word;
  • Om die ontluikende temas en ander kwessies wat geopper word, saam te vat en, met inagmening van die beginsel van anonimiteit, dit aan die Dekaan oor te dra;
  • Om, waar dit gepas sou wees, aanbevelings te doen;
  • Om 'n geleentheid en 'n ruimte te skep waarbinne studente en personeel hul bekommernisse kan uitspreek en waarbinne verskeie opsies oorweeg kan word om hierdie kwelpunte aan te spreek;
  • Om leiding te verskaf aan lede van die Tygerberg-gemeenskap oor waar hulle verdere bystand van die US kan kry. Die GKs sal dus dien as 'n bron van verwysingsopsies; en
  • Om, waar dit gepas sou wees, te bemiddel in sekere geskille of om te help om konflik te bemiddel.

Die Gelykheidskampioene is daartoe verbind om:

  1. Om hulself toe te rus deur opleiding en selfontwikkeling wat 'n verbeterde begrip van gelykheids- en diversiteitskwessies sal moontlik maak deur toegang tot die relevante aanlyn opleiding en ander eksterne en toepaslike bronne te verkry.
  2. Om te verseker dat hul kennis en vaardighede op datum is met ontwikkelings in die gelykheid- en diversiteitsveld deur die Gelykheidseenheid en Transformasiekantoor.
  3. Erkenning van hul vaardighede en kundigheid, maar identifiseer ook die behoefte om bystand en leiding van ander toepaslike hulpbronne by die universiteit te soek. ​