Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Kampusfasiliteite

Die kampus beskik oor uitstekende fasiliteite wat ondere andere die volgende insluit.

Tygerberg Studentesentrum

Die Tygerberg Studentesentrum bied 'n buite-klas-ervaring aan studente en huisves verskeie fasiliteite wat insluit 'n kafeteria en Van Schaik-boekwinkel.


 

Sportfasiliteite

Sportfasiliteite op kampus maak voorsiening vir tennis, rugby, hokkie, krieket en sokker sowel as netbal, muurbal, rotsklim en swem. Die Tygerberg Gimnasium maak voorsiening vir die gesondheid- en fiksheidbehoeftes van die studente op kampus.


 

Simulasie en Kliniese Vaardigheidseenheid (Kliniese Vaardigheidsentrum)

Die eenheid is 'n akademiese ondersteuningsfasiliteit waar van hulpmiddels gebruik gemaak word om studente instaat te stel om op 'n vroeë stadium die voorgeskrewe psigomotoriese en affektiewe uitkomste van die onderskeie kurrikula van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe te bemeester. Laasgenoemde sluit vaardighede in soos kommunikasie, kliniese ondersoekmetodes en prosedures. Lees meer...


 

Mediese Morfologie museum

Die museum bied '‘n wye reeks uitstallings vir die professionele ontwikkeling van die Fakulteit se Mediese en Aanvullende Gesondheidsberoepe studente. Die museum is ook oopgestel vir die publiek om geïnspireer te word deur die museum se versamelings en uitstallings. Verder is die museum se opvoedingsprogram vir skoolgroepe 'n kernkomponent van die museum se opleidingsinisiatiewe. Tans word 1300 items uitgestal en nuwes word gereeld bygevoeg. Lees meer...

 

 

 

 

Biblioteek

Die Geneeskunde & Gesondheidswetenskappe Biblioteek is een van die vyf takbiblioteke van die Universiteit Stellenbosch Biblioteek-  en Inligtingsdiens en is geleë in die Onderwysblok van die Fakulteit. Die biblioteek bedien hoofsaaklik navorsers, dosente, personeel en ingeskrewe studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, maar ook ander kliëntekategorieë. Die biblioteek dra by tot die missie van die Biblioteek- en Inligtingsdiens deur die verskaffing van 'n wêreldklas- en innoverende inligtingsdiens, asook studieruimtes aan hoofsaaklik die Tygerbergkampusgemeenskap. Lees meer...



Rekenaarlokale

  • Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Rekenaargebruikersarea (GERGA) verskaf studente toegang tot die universiteitsnetwerk en internet deur middel van ‘'n rekenaargebruikersarea oorkant die biblioteek.
  • Daar is ook 'n rekenaargebruikersarea vir nagraadse studente wat in Tygerberghospitaal werk. Dit bied studente volle toegang tot die universiteitsnetwerk en internet 24 uur vir 7 dae.

 


Akkommodasie

Tans bied die fakulteit akkommodasie vir voorgraadse studente en internasionaele voorgraadse elektiewe studente. Daar is ook huisvesting in die Tygerberg Studentesentrum, wat alternatiewe akkommodasie bied.​