Clinical Pharmacology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​Welkom by die Afdeling Kliniese Farmakologie aan die Universiteit Stellenbosch.

Die Afdeling Kliniese Farmakologie is deel van die Departement Geneeskunde aan die Universiteit Stellenbosch.

 

 

Onderrig, Kliniese dienste & Navorsing

Onderrig:

  • Bied innoverende, ultramoderne onderrig aan studente en gesondheidsorgpraktisyns. 
  • Fokus op bewysgebaseerde benadering tot die voorskryf van medikasie. 
  • Ontwikkel studente en dokters wat leiers in die veld van kliniese farmakologie kan raak. 
  • Lei professionele gesondheidsorgwerkers op vir geneesmiddelontwikkeling. ​​


Kliniese dienste:

  • ​Bied bewysgebaseerde sorg wat die gebruik van medikasie in alle gesondheidsorgkontekste sal optimaliseer. 
  • Verbeter gesondheidsuitkomste soveel moontlik deur middel van vennootskappe met pasiënte, versorgers, professionele gesondheidsorgwerkers, reguleerders en beleidmakers. 
  • Bied 'n gifstofinligtingsdiens van hoë gehalte aan professionele gesondheidsorgwerkers en die algemene publiek. 
  • Lewer 'n ultramoderne moniteringsdiens oor terapeutiese middels aan plaaslike hospitale sowel as privaat laboratoriums. 
  • Neem deel aan plaaslike, nasionale en internasionale gesondheidsprogramme wat gesondheidsorgverbetering, welstand, siektevoorkoming en -behandeling, en toegang tot gesondheidsorg bevorder en bepleit. 
  • Dien as pleitbesorger vir pasiënte, veral vir diensarm populasies. ​
  • Lewer en versprei kennis om pasiëntesorg, medikasieveiligheid, siektevoorkoming en ‑behandeling, gesondheidsorg wat kostedoeltreffend en van hoë gehalte is, en kliniese farmakologieopleiding te bevorder.
  • Pas nuwe kennis toe om innoverende modelle van gesondheidsorglewering, gesondheidsbeleid en opleiding in kliniese farmakologie te ontwikkel, evalueer en versprei.
  • Wees as aktiewe leiers by die Universiteit Stellenbosch betrokke.