Unit for Construction Materials
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Hoë-Verrigting Beton​​​

Hoë-Verrigting Beton (HPC) verbeter die gedrag van konvensionele beton op onkonvensionele maniere. Voorbeelde hiervan is die gebruik van konvensionele beton in 3d gedrukte beton of die gebruik van tekstiel om beton te bewapen of die gebruik van gloei-in-die-donker aggregate. Hoë-Sterkte Beton (HSC) is 'n tipe HPC, waarvan die druksterkte wissel tussen 60 MPa en 120 MPa. Die Suid-Afrikaanse struktuur ontwerpkode, SANS 10100, wat tans in gebruik is, bevat geen riglyne vir die ontwerp van beton elemente met sterktes hoër as 50 MPa nie. Die Europese kode, EN 1992-1, maak wel voorsiening vir beton met kubussterktes tot en met 105 MPa. Die hersiene weergawe van SANS 10100, sal die Suid-Afrikaanse beton industrie toelaat om beton met kubussterktes, so hoog as 105 MPa, te kan spesifiseer. Daar is egter tans beperkte kennis beskikbaar oor HSC wat uit plaaslike materiale vervaardig is. Navorsing in hierdie veld beoog om die eienskappe van HSC, vervaardig uit plaaslike materiale, te ondersoek. Daar word ook gekyk na die ontwikkeling van 'n meng-ontwerp metode wat geskik sal wees vir hierdie materiale. 'n Onvermydelike eienskap van HPC is outogene krimp, daarom word daar spesiale fokus daarop geplaas. Metodes om hierdie tydafhanklike deformasie te verhoed, word ondersoek.


Trek Kruip van Tekstiel Bewapende Beton

Student: Vital Alexander (PhD)

Studieleiers: Dr Riaan Combrinck & Prof Billy Boshoff


3D-Druk van Konvensionele Beton

Student: Friedhelm Gunzel (M.Eng)

Studieleier: Dr Riaan Combrinck


Glocrete

Student: Hanru Muller (M.Eng)

Studieleier: Dr Riaan Combrinck​​