Education
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Fakulteit Opvoedkunde

Voorgraadse Programme​​

​​​​​

Ons Fakulteit bied twee voorgraadse programme aan:

​Enige van die twee voorgraadse programme gee jou toegang tot die BEd Honneurs programme​​. ​​​

Onderrigtaal

Die Fakulteit Opvoedkunde volg ’n benadering van veeltaligheid met Engels en Afrikaans as die belangrikste onderrigtale. IsiXhosa word as ’n kommunikasietaal gebruik. Om te verseker dat studente toegang tot kennis in die taal van hul keuse het, maak ons gebruik van vertaaldienste.​​      ​ ​   


BEd (Grondslagfase-onderrig)

Die BEd (Grondslagfase) lei hoofsaaklik onderwysers vir die Grondslagfase (graad R tot 3) op en stel hulle in staat om leerders vir die eiesoortige eise van ons tyd voor te berei. Maar jy ontwikkel ook vaardighede wat verskeie ander beroepsmoontlikhede vir jou kan ontsluit, soos kommunikasiekundige, gemeenskapsontwikkelaar, skakelbeampte en beroepe wat op kliëntediens, bemarking en verkope gerig is.

Jy kan verder studeer in Grondslagfase-onderrig (HonsBEd (Grondslagfase-onderrig)). Daarna kan jy spesialiseer in kurrikulumontwikkeling, skoolbestuur of opvoedingsbeleid (MEd).

Of met nagraadse opleiding kan jy 'n leerondersteuningsonderwyser (HonsBEd en MEd in Opvoedkundige Ondersteuning) of 'n opvoedkundige sielkundige (MEd (Psig)) word. Jy kan selfs spesialiseer in kurrikulumontwikkeling, skoolbestuur, of opvoedkundige beleid.

Programi​nhoud

Praktiese Leer maak vanaf die eerste jaar 'n belangrike deel van hierdie vierjarige program uit. Alle studente moet twee tale neem (gekies vanuit Afrikaans, Engels of isiXhosa) op 'n eerste- of tweedetaalvlak, gedurende die verloop van hul vier jaar van studie. Jy neem ook 'n derde kommunikatiewe taal in jou derde studiejaar.

Die vakke vir die Grondslagfase is vas en dek die teorie en praktyk van al die leerprogramme van graad R tot 3, insluitende:

  • Informasie Kommunikasie Tegnologie vir Leer (IKT)
  • Ontwikkeling en Leer
  • Lewensvaardighede
  • Aanspreek van Diverse Leerbehoeftes
  • Graad R Teorie en Praktyk
  • Taal- en Geletterdheidsonderwys
  • Wiskunde-onderwys (Grondslagfase)

​Aangesien die program tot 'n graad lei, gee dit jou toegang tot die Fakulteit se nagraadse programme tot op doktorale vlak.

Keuring​

  • Aansoeke sluit 30 Julie.
  • Daar is plek vir 125 Grondslagfase-studente
  • Vir meer inligting, sien die Fakulteit Opvoedkunde se Jaa​rboek​

Toelatingsvereistes vir aansoekers wat die NSS of IEB geskryf ​​het

  • 'n NSS- of IEB-gemiddelde van minstens 60% (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Wiskunde 40% OF Wiskundige Geletterdheid 60%

EN

Leerders wat in Afrikaans skoolgegaan het:

  • Afrikaans Huistaal 60% EN
  • Engels OF isiXhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%

OF

Leerders wat in Engels skoolgegaan het:

  • Engels Huistaal 60% EN
  • Afrikaans OF isiXhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
OF

Leerders wat in isiXhosa skoolgegaan het:
  • ​IsiXhosa Huistaal 60% EN
  • ​​​Engels OF Afrikaans ​​(Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%

Toelating​svereistes vir aansoekers wat die ou Matrikulasiesertifikaat aanbied

Vir die toelatingsvereistes volgens die ou Matrikulasiesertifikaat (tot 2007), skakel ons Kliëntedienssentrum by 021 808 9111.

PROGRAMKOÖRDINEERDER 2024:

Me A Lebethe

foundationphase@sun.ac.za




BEd (Intermediêre Fas​​e-onderrig)

Hierdie vierjarige BEd-program lei jou op om onderwys aan leerders in die Intermediêre Fase te gee in twee intermediêre skoolvakke en twee tale. Die program dek die teorie en praktyk van al die leerprogramme van graad 4 tot 7.

Jy kan spesialiseer in kurrikulumontwikkeling, skoolbestuur of opvoedingsbeleid deur op te volg met 'n HonsBEd en 'n MEd-program in een van die onderskeie rigtings. Of, met verdere nagraadse opleiding kan jy 'n leerondersteuningsonderwyser (HonsBEd en MEd in Opvoedkundige Ondersteuning) of 'n opvoedkundige sielkundige (MEd (Psig) in Opvoedkundige Sielkunde) word. Jy kan selfs spesialiseer in kurrikulumontwikkeling, skoolbestuur of opvoedkundige beleid.

Progra​​minhoud

Die program se leerplan is vas en bestaan uit akademiese en professionele vakke. Praktiese Leer maak vanaf die eerste jaar 'n belangrike deel van die program uit. Alle studente neem twee tale as onderrigspesialisering vir Huis- of Addisionele Taal (gekies uit Afrikaans, Engels of isiXhosa) in die loop van hul vier jaar van studie. Hul neem ook 'n derde kommunikatiewe taal die derde studiejaar.

In die eerste studiejaar is Wiskunde-onderrig verpligtend vir alle BEd-studente. Jy neem dus Wiskunde (Ond) en twee ander spesialiseringsvakke uit die volgende:

  • Lewensvaardighede
  • Natuurwetenskappe (Ond)
  • Sosiale Wetenskappe (Ond)

Kyk die voorvereistes vir hierdie vakke verderaan.

In die tweede tot vierde ​​studiejaar neem jy net twee spesialiseringsareas. Let wel: Om met Wiskunde as 'n spesialiseringsvak van die tweede jaar af voort te gaan, moet jy Wiskunde (Ond) 177 met 'n jaarpunt van ten minste 60% in jou eerste jaar deurkom.

Ander verpligte modules sluit in:

  • Informasie Kommunikasie Tegnologie vir Leer (IKT)
  • Taalonderrig en Akademiese Geletterdheid, Ontwikkeling en Leer
  • Aanspreek van diverse leerbehoeftes
  • Opvoedkundebeleid en -leierskap
  • Opvoedkundige Evaluering en Navorsing

Vir meer inligting oor die leerplan van dié program, raadpleeg gerus ons Jaarboek.

Aangesien die program tot 'n graad lei, gee dit jou toegang tot die Fakulteit se nagraadse programme tot op doktorale vlak.

Voorvereistes ​​vir jou gekose spesialiseringsareas

Aansoekers moet aan die volgende voorvereistes voldoen om vir hierdie modules te registreer:

Natuurwetenskappe

  • 'n Prestasie van minstens 50% vir Lewenswetenskappe OF Fisiese Wetenskappe in Graad 12 (Nasionale Senior Sertifikaat- of IEB-eksamen)

Sosiale Wetenskappe

  • 'n Prestasie van minstens 50% vir Geskiedenis OF Geografie in Graad 12 (Nasionale Senior Sertifikaat- of IEB-eksamen)

Lewensvaardighede

  • Geen voorvereistes is van toepassing nie (alle studente kan hierdie vak volg)

Keurin​g

  • Aansoeke sluit 30 Julie
  • Daar is plek vir 125 Intermediêrefasestudente

Toela​​tingsvereistes vir aansoekers wat die NSS of IEB geskryf het

  • ’n NSS- of IEB-gemiddelde van minstens 60% (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Wiskunde 40% OF Wiskundige Geletterdheid 60%

EN

Leerders wat in Afrikaans skoolgegaan het:

  • Afrikaans Huistaal 60% EN
  • Engels OF isiXhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%

OF

Leerders wat in Engels skoolgegaan het:

  • Engels Huistaal 60% EN
  • Afrikaans OF isiXhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
OF

Leerders wat​ in isiXhosa skoolgegaan het:
  • ​Isixhosa Huistaal 60% EN​
  • ​Engels OF Afrikaans (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%​

Die BEd (Intermediêrefase-onderwys) het verdere toelatingsvereistes afhangende van die skoolvakke waarin jy wil skoolhou:

Indien jy Natuurwetenskappe (Ond) kies:

  • Lewenswetenskappe of Fisiese Wetenskappe 50%

Indien jy Sosiale Wetenskappe (Ond) kies:

  • Geskiedenis of Geografie 50%

Toelatingsvereistes vir aansoekers wat die ou Matrikulasies​​ertifikaat aanbied

Vir die toelatingsvereistes volgens die ou Matrikulasiesertifikaat (tot 2007), skakel ons Kliëntedienssentrum by 021 808 9111.​​

PROGRAMKOÖRDINEERDER 2024:

Dr K Tarisayi

intermediatephase@sun.ac.za



  Navrae​​​​



Programinligting

Afrikaans:


Engels:


IsiXhosa:
​​