Industrial Psycholohy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsingsetiek

Volgens die Beleid vir Verantwoordelike Navorsingsgedrag aan die Universiteit van Stellenbosch moet al die navorsing waarby interaksie met of observasie van die menslike faktor betrokke is, of inligting gekoppel aan die menslike faktor, of organisasies, deur 'n proses van etiese keuring en goedkeuring gaan. Navorsers is verantwoordelik om te verseker dat hulle etiese goedkeuring vir hul navorsing verkry waar van toepassing vanaf die Navorsingsetiekkomitee (Humaniora). Indien 'n navorser (studente ingesluit) onseker is of etiese goedkeuring benodig word vir 'n spesifieke projek, is dit die verantwoordelikheid van die navorser  om duidelikheid te soek en te verkry vanaf die Afdeling Navorsingsontwikkeling  [cgraham@sun.ac.za].

 

Die etiese aansoekproses begin binne onderskeie departemente via die Departementele Etiese Beoordelingskomitee (DEBK). Die Navorsingetiekkomitee: Lettere gebruik 'n elektroniese aansoekproses wat deur die RIMS InfoEd sisteem aangebied word. Toegang tot die RIMS InfoEd aansoeksisteem kan verkry word via die skakel:  https://su.rims.ac.za. Hulp in die vorm van handleidings is beskikbaar  via die Afdeling Navorsingsontwikkeling se webwerf [http://www0.sun.ac.za/research/navorsingsintegriteit-en-etiek/mensnavorsing-humaniora-etiek/elektroniese-aansoek-proses.html].  'n  Lys van dokumente vir etiese beoordeling voorsien riglyne ten opsigte van die dokumente wat aangeheg moet word om 'n deeglike en tydige oorsig van die etiekaansoek te verseker. Kopieë van die toestemmingsvorm templaat of instemmingsvorm templaat is beskikbaar vanaf die webwerf van die Afdeling Navorsingsontwikkeling. Die toestemmingsvorm is voorberei vir die deelnemer as skriftelike ooreenkoms om deel te neem aan die navorsingstudie. 'n Alternatiewe ooreenkoms is ook beskikbaar. Kliek asseblief hier vir die alternatiewe ooreenkomsvorm templaat. Die instemmingsvorm is voorberei vir 'n kind se toestemming om deel te neem in navorsing.

 

Aansoeke word eerste deur die DEBK deurgegaan om die risiko-vlakke te bepaal.  Aansoeke van minimale en lae risiko word deur die DEBK deurgegaan en word bekragtig deur die Raad vir Etiese Klaring. Slegs aansoeke met medium tot hoë etiese risiko word aan die REK gestuur vir volledige bestudering. Die volgende vloeidiagram illustreer en som die etiese aansoekproses op:

 

Die verantwoordelikheid om eties verantwoordelike navorsing te doen lê eerste by die navorser, toesighouer en departementele voorsitter.  Dit is nodig vir die navorser om 'n etiese oriëntasie te ontwikkel asook internasionalisering van etiese beginsels en praktyke in navorsing, eerder as om hierdie verantwoordelikheid op die Navorsingsetiekkomitee te plaas.  Die geinternaliseerde etiese oriëntasie moet die navorser in elke stap van die navorsing lei, eerder as om 'n meganistiese, kontrolelys of bloudruk-benadring tot die etiek van navorsing te volg. Om die navorser te help in die nadenke oor die etiese risiko's wat geassosieer word met haar/sy navorsing, het die Navorsingsetiekkomitee 'n boekie ontwikkel en gepubliseer getiteld Research Ethics Guidelines: Getting ethics approval for your research project wat bruikbare wenke en relevante inligting oor navorsingsetiek en die etiese navorsingsproses voorsien.

 

Die Navorsingsetiekriglyne is aanvullend tot die Standaardbedryfsprosedure (SBP). Die oorkoepelende doel van die SBP is om 'n kultuur van etiese verantwoordelike navorsing by die Universiteit van Stellenbosch in die sosiale, gedrags, ekonomiese en opvoedkundige wetenskappe te bevorder. Die SBP beskryf die substantiewe en prosedurele aspekte wat relevant is tot die hersiening van die etiese risiko's geassosieer met die sosiale, gedrags, ekonomiese en opvoedkundige navorsing wat aan die Universiteit van Stellenbosch gedoen word.