Industrial Psycholohy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

BCom Honneurs Menslike Hulpbronbestuur

Om te kwalifiseer vir oorweging tot toelating tot die BCom Honneurs (MHB) program, geld die volgende kriteria:

  • U gegradueer het met ʼn erkende baccalaureus graad met Bedryfsielkunde/MHB as hoofvak.
  • Indien u van ʼn nie-Suid-Afrikaanse universiteit gegradueer het, sal u universiteit deur die Nagraadse kantoor van die Universiteit van Stellenbosch moet erken en goedgekeur word;
  • U moes met ʼn gemiddelde persentasiepunt van 65% in Bedryfsielkunde in die finale jaar van u baccalaureus graad gegradueer het.

Vir meer inligting rondom die aansoek prosedures tot die BCom Honneurs (Menslike Hulpbronbestuur) program kontak Me Coreli Cillie by 021 808 3005 of cmcillie@sun.ac.za

Die Departement ontvang gewoonlik meer kwalifiserende aansoekers as wat ons op die program kan akkommodeer. Om aansoekers in rang-orde te plaas is gewoonlik onvermydelik. Rang-ordening sal op die volgende kriteria gebaseer wees:  die grootte van die gemiddelde prestasiepunt in die derde jaar (finale jaar), of ʼn persentasiepunte hoër as 65 % behaal is in al die finale-jaar modules, en die konsekwentheid waarmee studente deurgaans akademies presteer het in Bedryfsielkunde/MHB in die baccalaureus graad. Die orde waarmee hierdie kriteria gelys word, reflekteer hul belangrikheid in die rangorde-stelling van applikante wat kwalifiseer vir toelating.