Economic and Management Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsingsbefondsing

​Beide die Fakulteit en die Universiteit bied navorsingsondersteuning. Op fakulteitsvlak word hierdie steun deur die Visedekaan (Navorsing) en die navorsingskomitee gekoördineer.

Navorsingsteun deur die Fakulteit

Die dekaanskantoor en die navorsingskomitee ondersteun navorsing by wyse van:

  • 'n finansiёle aansporingskema vir gepubliseerde navorsing,
  • beurse vir besoekende navorsers, en
  • finansiёle hulp ten einde plaaslike en internasionale konferensies by te woon.

 

Kliek hier vir die reёls en riglyne van die bogenoemde skemas. 

Die Fakulteit se Sentrum vir Statistiese Konsultasie (SSK) kan hulp verleen met die statistiese aspekte van navorsing, waaronder die ontwerp, beraming en interpretasie van statistiese data. Die Sentrum se dienste is aan alle lede van die Fakulteit beskikbaar.

Navorsingsteun deur die Universiteit

Die Universiteit se navorsingsteun bestaan uit drie afsonderlike funksies:

Die Afdeling Navorsingsontwikkeling bied 'n aantal befondsingsgeleenthede via Subkomitee A van die Universiteit se navorsingskomite​e. Kliek hiervir verdere besonderhede.