Psychology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Internasionale Samewerking

 

Die Universiteit het uitruilooreenkomste vir studente en personeel met talle oorsese universiteite. Meer inligting oor hierdie uitruil-moontlikhede is verkrygbaar by die Nagraadse en Internasionale Kantoor (webwerf: www.sun.ac.za/international; tel. 027 21 808 4628).

Verder het die Departement Sielkunde samewerkingsooreenkomste met die Nasionale Outonome Universiteit van Mexiko (UNAM) in Mexikostad, Maastricht Universiteit in Nederland, en die Noorweegse Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NTNU) in Trondheim, Noorweë. Vir meer inligting, kontak die Voorsitter van die Departement Sielkunde of die Nagraadse en Internasionale Kantoor.