Psychology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Welkom by die Departement Sielkunde

 Die Departement Sielkunde van die Universiteit Stellenbosch tel van die mees produktiewe akademiese sielkundiges in Suid-Afrika onder ons personeel. Verskeie van hierdie personeellede het al invloedryke toekennings en toewysings vir hulle onderrig en navorsing gewen. Ons is verbind tot navorsing, onderrig, praktyk en gemeenskapsdiens van die hoogste moontlike standaard. Daarom is ons voortdurend besig om ons vakkundige uitsette met die beste in die wêreld te vergelyk. Ons personeel en studente publiseer in internasionale akademiese vaktydskrifte wat boaan ranglyste is en verskeie voormalige studente beklee poste in vooraanstaande instellings in Suid-Afrika en regoor die wêreld.

Ons departement bied voorgraadse sielkundemodules, wat 'n hoofvak in die dissipline opmaak, en nagraadse opleiding wat lei tot registrasie as 'n sielkundige. Ons bied ook tesis- en proefskrifgebaseerde navorsingsopleiding om op 'n magister- of doktorsgraad uit te loop. Ons onderrig- en navorsingsprogramme fokus op kern psigososiale kwessies wat Suid-Afrika en die res van Afrika raak. Daarom is ons verbind daartoe om op 'n akademies nougesette wyse tot die sosiale relevansie van sielkunde as 'n dissipline en 'n professie by te dra