South African Theatre Journal (SATJ)
Die South African Theatre Journal (SATJ) se doelwit is om 'n platvorm te skep vir die akademiese diskoers van teater en performance studies, asook die uitvoerende kunste soos dit manifesteer in Suid Afrika. Die publikasie beskik oor artikels van die geskiedenis, teorie en die praktyk van die uitvoerende kunste, sowel as die medotologie van teaternavorsing. Dit bevat verder ook teaterverslae, boekresensies, kommentaar en algemene bekendstellings. Aangesien dit die hoofdoel van die joernaal is om multi- en interdissiplinêre studies in die kunste te koester, word bydraes van alle geintereseërde skrywers aangemoedig.
Die SATJ word deur die Taylor and Francis Groep gepubliseer.