Voorgraads
Die Departement bied 'n verskeidenheid van voorgraadse kursusse aan, insluitende Antieke Kulture, Latyn, Antieke Grieks, Bybelse Hebreeus en Klassieke Regskultuur. Hierdie kursusse word as deel van die breër BA graadprogramme soos
Geesteswetenskappe,
Taal en Kultuur, en
Sosiale Dinamika en as deel van meer
gespesialiseerde graadprogramme aangebied. Vir meer inligting oor die kursusse en die programme kliek asseblief
hier.
Nagraads
Die Departement Antieke Studie bied 'n verskeidenheid nagraadse kursusse (Honneurs, Meesters, en Doktoraal) oor die tale en kulture van die beskawings van die Antieke Middellandse See tot die Ou Nabye Ooste. Vir besonderhede oor elkeen van die kursusse wat aangebied word, raadpleeg asseblief die Nagraadse blad
hier.