Ancient Studies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Betekenis in Antieke Tale - Navorsingsgroep

​​1.      Missie

Aangesien taal deur kognitiewe beginsels gedryf word wat blyk om algemeen aan alle mense ongeag tyd and plek te wees, word verwag dat antieke tale (soos Bybelse Hebreeus, Grieks, en Latyn) kompleks-dinamiese gedragspatrone sal vertoon wat soortgelyk is aan dié wat in moderne tale ontdek is. Daarom wil ons bydra tot die ontwikkeling van 'n raamwerk wat sal verduidelik hoe antieke tale werk deur huidige kruislinguistieke bewyse asook die mees onlangse vooruitgang in linguistieke teorieë, kognitiewe wetenskappe en studies oor kompleksiteit in aanmerking te neem.

2.      Visie        

Ons voorsien 'n gevorderde en uitgebreide analise van betekenis in antieke tale met 'n besondere verwysing na Bybelse Hebreeus. Om dit te bewerkstellig, beoog ons om:

  1. Die magte wat die vorming, uitbreiding, en kanalisering van betekenis in taal dryf en onderlê te verstaan, beide vanuit die "etiese" (i.e. taal as 'n agent) en die "emiese" (i.e. sprekers as agente) perspektief.
  2. Middele te onwikkel om die kompleksiteit van betekenis wat tot 'n meerdere mate met die realistiese toedrag van sake harmonieer, i.e. soos in die natuur gevind word, te modelleer.
  3. Aan te toon hoe hierdie nuwe begrip van betekenis en sy modellering help om antieke tekste bevredigender te lees en te vertaal, veral die Hebreeuse Bybel.

3.      Funksie

  1. Ons beoog om 'n plek vir baanbrekende, multidissiplinêre en samewerkende navorsing by die Departement Antieke Studie te vestig vir plaaslike en internasionale vakkundiges wat probeer om betekenis in tale te verduidelik.
  2. Ons beoog om nagraadse studente van die Universiteit Stellenbosch vir gevorderde navorsing in die gebied van antieke tale en linguistiek aan te stel.

 4.      Projekte

Vir die volgende twee jaar (2016–2017) beplan ons om die volgende navorsingsaktiwiteite uit te voer of te voltooi:

  1. Een medegeskrewe volume—The Semantics and Pragmatics of Biblical Hebrew—op gevorderde studente, onderwysers, en navorsers gemik
  2. Verskeie gesamentlike artikels
  3. Werkswinkels en/of navorsingseminare

 5.      Lede

Leiers:

Alexander Andrason (Universiteit Stellenbosch)

Christo HJ van der Merwe (Universiteit Stellenbosch)

 

Lede:

Josh Westbury (Faithlife, VSA)

Kristopher Lyle (Faithlife, VSA)

Christian Locatell (Universiteit Stellenbosch)

Daniel Rodriguez (Universiteit Stellenbosch)

Jack Messarra (Universiteit Stellenbosch)

Jeremy Thompson (Faithlife, VSA)