Studeer by ons

Nagraadse programme

Die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe bied ’n diverse stel nagraadse programme aan waarin studente en akademici baanbrekersnavorsing op bestaande en ontluikende vakgebiede onderneem en publiseer. Ons heg groot waarde aan nagraadse navorsing en onderrig, en integreer ons aanbiedinge met die navorsingsbelangstellings van ons akademiese personeel. Jy sal nie net heelwat by jou studieleier leer nie, maar jy kan ook die geleentheid kry om jou werk in nasionale en internasionale vaktydskrifte te publiseer en jou waardevolle navorsing aan die algemene publiek oor te dra.

Ons nagraadse programme is veelsydig en goed beplan om gegradueerdes as kundige en kritiese denkers toe te rus. Ons doel is om beroepslui op te lewer wat tot die kulturele verryking en die kennisvereistes van Suid-Afrikaanse en ander Afrikagemeenskappe kan bydra.

Ek wil graag meer weet oor die Fakulteit se nagraadse programme

Klik hier om na Deel 4 van die US Jaarboek te gaan. Daar sal jy volledige inligting oor ons nagraadse programme kry.

Vir verdere inligting oor nagraadse studie aan die US, klik hier vir die webblad van die Universiteit se Nagraadse Kantoor.

Vir algemene vrae oor studie in die Fakulteit, of vrae wat die Jaarboek en die Nagraadse Kantoor se webblad nie beantwoord nie, kontak gerus die Universiteit se Kliëntedienssentrum by 021 808 9111 of info@sun.ac.za. Die sentrum-agente sal jou graag bystaan of jou vraag na die regte persoon verwys.

Nagraadse Skool

Die Nagraadse Skool is ’n inisiatief van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Die Skool fasiliteer en administreer die toekenning van internasionale nagraadse Meesters- en Doktorale beurse oor al die departemente binne die Fakulteit heen.

Die Skool poog om ’n ondersteunende ruimte te skep wat dinamies en kollegiaal is, en wat vir studente die geleentheid bied om betrokke te raak by navorsing wat die uitdagings van ons era aanspreek.