Ons kerndoel sluit in om te verseker dat studente tevrede is met hul modules in terme van kursusinhoud en om bystand te gee met enige griewe wat mag ontstaan. Die berekening van jou HEMIS-telling (Hoër Onderwys Inligtingbestuurstelsel) en akademiese telling is een van ons top prioriteite. In lyn met die universiteit se 2040 visie poog ons om ons studente toe te rus met die graduandi-eienskappe waarna US streef. Vir hierdie doel is BASK betrokke by verskeie inisiatiewe gerig op die bevordering van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe en sy studente. Daardeur word hulle blootgestel aan die verskillende loopbaan-geleenthede wat beskikbaar is en die vele wyses waarop hulle hul BA graad kan toepas in 'n veranderende wêreld.
Voel vry om met ons te skakel oor enigiets wat jy voel 'n bydrae kan maak tot die uitbou van hierdie fakulteit en dit meer inklusief te maak vir almal. Jy kan ons kontak by bask@sun.ac.za, gaan kyk na ons sosiale media, of besoek ons kantoor by die ingang van die Lettere en Sosiale Wetenskappe gebou.