Plant Pathology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Dienste

​​

Die Plantsiektekliniek ontvang problematiese plantmateriaal- en grondmonsters wat ingedien word vir analise vir probleme soos fitopatogeniese bakterieë, swamme, swam-agtige organismes, virusse en insekte.  Die Kliniek strewe na vinnige, maar akkurate diagnose.  Resultate is normaalweg binne een tot twee weke beskikbaar (afhangende van die probleem).  Die korrekte diagnose is baie belangrik ten einde plantsiektes te bestuur.

Plantsiektes: Standaard-analises sluit identifikasie van die meeste plantpatogeniese swamme en bakterieë in, asook verbouings- en fisiologiese toestande wat duidelik is en moontlik vir die plantprobleme verantwoordelik kan wees.  Indien identifikasie van genus en spesie vir swam- en bakteriese isolate benodig word, gebruik die Siektekliniek verskeie molekulêre tegnieke beskikbaar.  'n Suiwer kultuur word vereis om hierdie prosedure uit te voer, asook 'n inkubasieperiode.  Wees asseblief daarvan bewus dat hierdie proses 'n addisionele 5-7 dae kan neem om te voltooi (asook 'n ekstra fooi).  Die Kliniek gebruik ook ELISA-gebaseerde immunobande, indien beskikbaar, vir die waarneem van sekere bakterieë.

Virussiektes:  Die Siektekliniek ontvang ook plante wat vir virusse getoets moet word.  Die diens word aan Vironostix (Departement Genetika) gesubkontrakteer. 

Insek- en myt-identifikasie: Die Siektekliniek bied ook 'n diens vir insek- en myt-identifikasies, met die fokus op vrugtepeste in die Wes-Kaap Provinsie.  Hierdie diens word aan konsultante van Departement Bewaringsekologie en Entomologie gesubkontrakteer.  Spesimens word waar moontlik gepreserveer, ondersoek en in 'n databasis geplaas vir toekomstige verwysing.  Waar nodig, word monsters na kundiges gestuur vir verdere prosessering.