Plant Pathology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraadse Studies

DSCN6059.JPGmikroskoopwerk.JPGpipet.JPGDSCN6333.JPGinkubasie.JPGPhoto 6.JPG

Programme

HonsBSc (Plantpatologie)

Toelatingsvereistes
ʼn BSc-graad met Mikrobiologie of Genetika of Botanie of Biotegnologie as hoofvak. ʼn Gemiddelde prestasiepunt van 60% in die betrokke modules word vereis. Aanvullende studie mag vereis word.

Samestelling en inhoud
Die honneursprogram in Plantpatologie strek oor een jaar en lei tot die kwalifikasie HonsBSc in Plantpatologie. Die program bestaan uit verdere, gespesialiseerde studie in Plantpatologie. Aanvullende studie word soms vereis. Die modules en studie-opdragte vorm ʼn verdieping en bou voort op ʼn baccalaureusprogram met Mikrobiologie of Genetika of Botanie of Biotegnologie as hoofvak. ʼn Gemiddelde prestasiepunt van 60% in die  betrokke modules word vereis. Die program is navorsings- en beroepsgerig, is op moderne tegnologie en die jongste beskikbare navorsing in Plantpatologie gebaseer en skakel in by navorsingsprojekte wat in die Departement onderneem word. Die program bestaan uit die volgende 5 modules:

Modules
Plantpatologie 771 Gevorderde plantsiekte-dinamika
Komponente van plantsiektes, soos die plantpatogene wat hul veroorsaak, die gasheerfaktore wat hulle ontwikkeling beïnvloed en die omgewingsfaktore wat hulle bevorder. Siektes van nasionale en internasionale belang en die skade wat hulle aan voedselproduksie in die wêreld veroorsaak. Die dinamika van patogene wat met saad en kwekeryplante geassosieer word, asook dié wat grondgedraagde siektes, blaar- en
vrugsiektes vóór oes en verval en skade ná oes veroorsaak.

Plantpatologie 772 Gevorderde siektebestuur
Die belang van epidemiologie in die beheer en bestuur van plantsiektes deur die integrasie van bewerkingspraktyke, fisiese, biologiese en chemiese strategieë (saadtegnologie, minimum bewerking, plantkwarantyn, sanitasiepraktyke en weerstand). Werkswyse van fungisiede en die bestuur van fungisiedweerstand in swampopulasies. Biologiese beheer. Ontwikkeling en produksie van biokontrole-sisteme vir grondgedraagde, plantgedraagde en vrugpatogene.

Plantpatologie 773 Navorsingsmetodiek
Relevante en huidige eksperimentele benaderings en metodes van analise wat in plantpatologie gebruik word. Eksperimentele ontwerp en statistiese analise, molekulêre metodes, filogenetiese analise, artikelbesprekings.
Deurlopende assessering.

Plantpatologie 774 Projekbestuur en aanbieding
Die kursusinhoud sluit in projek-identifisering, beplanning en uitvoering, die skryf van navorsingsvoorstelle en -verslae, wetenskaplike samewerking en wetenskaplike etiek. Oefeninge in projekbeplanning en -uitvoering sal onder toesig plaasvind. ʼn Literatuurstudie en wetenskaplike bevindinge sal aangebied word as wetenskaplike werkstukke en as ʼn mondelinge aanbieding.
Deurlopende assessering.

Plantpatologie 775 Gevorderde onderwerpe in plantpatologie

Aktuele onderwerpe in plantpatologie word tydens hierdie module bespreek. Dit sluit aspekte soos klimaatsverandering, voedselsekerheid en genetiese modifikasie in. Daar word van studente verwag om deeglik vir hierdie besprekings voor te berei deur internetsoektogte en die lees van navorsingsartikels en boeke oor die individuele onderwerpe. Die onderwerp sal deur ʼn kundige ingelei word, waarna ʼn klasbespreking sal volg. Daar sal van studente verwag word om ʼn eenbladsy-lange dokument voor te berei rakende hul sieninge oor die onderwerp en die literatuurbronne wat hulle geraadpleeg het, te lys.
Word deurlopend geassesseer.


MSc (Plantpatologie)


Toelatingsvereistes
BScAgric (Plantpatologie) - ʼn Gemiddelde prestasiepunt van 60% in die Plantpatologie finale jaar modules word vereis.
BScHons (Plantpatologie)

Samestelling en inhoud
Die program bestaan uit slegs 'n navorsingskomponent.

MSc tesis
Navorsingsprojekte kan uit die volgende temas gekies word: swamtaksonomie (beskrywing en herklassifisering van bekende en nuwe swamme deur die toepassing van verskeie metodes, onder meer molekulêre tegnologie); toegepaste molekulêre plantpatologie, insluitend die gebruik van molekulêr gebaseerde tegnieke vir die opsporing, diagnose en karakterisering van plantpatogeenpopulasies van wingerd, sagtevrugte, sitrus en
akkerbougewasse; voor- en naoes-patologie by sagtevrugte, wingerd en sitrus (status en gedrag van inokulum op vrugoppervlaktes, infeksieprosesse en plantweerstandsreaksies); stamsiektes by wingerd (etiologie, diagnose, epidemiologie en geïntegreerde bestuur); fungisiedgebruik (spuittegnologie) en fungisiedbestandheid (sensitiwiteit in wilde populasies en versteurings na blootstelling aan fungisiede, bestuur van fungisiedbestandheid in vrugteboorde, wingerde en akkerbougewasse); geïntegreerde beheer (chemies, biologies en alternatiewe middels) van siektes by sagtevrugte, wingerd, sitrus en akkerbougewasse. Nuwe of bestaande siekte-epidemies van ekonomiese belang word ook nagevors.


PhD (Plantpatologie)


Toelatingsvereistes
MSc (Plantpatologie) of MScAgric (Plantpatologie)

Samestelling en inhoud
'n Proefskrif wat oorspronklike navorsing bevat, word vereis.

PhD proefskrif
Navorsingsprojekte kan uit die volgende temas gekies word: swamtaksonomie (beskrywing en herklassifisering van bekende en nuwe swamme deur die toepassing van verskeie metodes, onder meer molekulêre tegnologie); toegepaste molekulêre plantpatologie, insluitend die gebruik van molekulêr gebaseerde tegnieke vir die opsporing, diagnose en karakterisering van plantpatogeenpopulasies van wingerd, sagtevrugte, sitrus en
akkerbougewasse; voor- en naoes-patologie by sagtevrugte, wingerd en sitrus (status en gedrag van inokulum op vrugoppervlaktes, infeksieprosesse en plantweerstandsreaksies); stamsiektes by wingerd (etiologie, diagnose, epidemiologie en geïntegreerde bestuur); fungisiedgebruik (spuittegnologie) en fungisiedbestandheid (sensitiwiteit in wilde populasies en versteurings na blootstelling aan fungisiede, bestuur van fungisiedbestandheid in vrugteboorde, wingerde en akkerbougewasse); geïntegreerde beheer (chemies, biologies en alternatiewe middels) van siektes by sagtevrugte, wingerd, sitrus en akkerbougewasse. Nuwe of bestaande siekte-epidemies van ekonomiese belang word ook nagevors.

Vir enige navrae rakende toekomstige nagraadse studies, kontak asseblief vir Lizeth Swart en stuur jou volle akademiese rekord na: LS3@sun.ac.za

Beurse, aansoeke en fooie

Mandela Rhodes Scholarship Call for Applications 2021

Lys van Plantpatologie Alumni

Nagraadse studente wat tans geregistreer is

Riglyne vir die skryf van tesisse/proefskrifte in die Departement Plantpatologie

Elektroniese inhandiging van tesis/proefskrif