AgriScience
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Standard Bank Sentrum vir Agribesigheid Ontwikkeling en Leierskap

​Die Standard Bank Sentrum vir Agribesigheid Leierskap en Ontwikkeling,  befonds deur Standard Bank vir 'n tydperk van drie jaar, het sy bedrywighede in April 2010 begin as 'n inisiatief van die Universiteit se HOOP Projek. Die fokus is op strategiese leierskap en transformasie in agribesigheid. Die Sentrum het bekendheid in die breër landbou-omgewing en agribesigheidsgemeenskap verwerf weens sy navorsingsaktiwiteite en leierskaplaboratoria en word as 'n goed gevestigde entiteit in die Fakulteit AgriWetenskap beskou.

Die Sentrum bied nagraadse opleiding in agribestuur en -ontwikkeling op PhD- en magistervlak aan binne die Departement Landbou-Ekonomie. Uitreikaktiwiteite fokus op transformasie-aangeleent​hede binne die Suid-Afrikaanse agribesigheidsomgewing en sluit in ʼn kortkursusprogram, die Agrileierskap-laboratorium (Imbizos) en ʼn Afrika-landbouleierskapprogram. 

Besoek o​​ns webtuiste

​​Besoek ons webtuiste by  Standard Bank Sentrum vir Agribesigheid Ontwikkeling en Leierskap