Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die US gereed vir lang ure van beurtkrag

​Soos ons Universiteit Stellenbosch-kampusgemeenskap weet, staar ons 'n nasionale energiekrisis in die gesig. Dit is onmoontlik vir ons om 'n mate van ontwrigting van ons bedrywighede te voorkom, maar wees verseker dat ons baie moeite doen om die gevolge van die krisis te versag.

Eskom het aangedui dat Stellenbosch vandag (10 Mei 2023) 11,5 uur se beurtkrag sal ondervind. Ons wil alle personeel en studente verseker dat ons fasiliteitsbestuurspan alles onder beheer het. Ons sal alles in ons vermoë doen om die ligte aan te hou in daardie geboue wat rugsteunkrag het sodat studente kan studeer en eksamens skryf en ons navorsingstoerusting aangeskakel kan bly.

Om te verseker dat daar elektrisiteit is by soveel geboue as moontlik op kampus, help ons asseblief deur alle nie-noodsaaklike toerusting soos hidroboils, ligte, lugversorgers, drukkers, ens. af te skakel. Dit is veral belangrik wanneer personeel hul kantore in die middae verlaat.

Die fasiliteitsbestuurders skakel met al die fakulteite en omgewings om te bevestig watter geboue operasioneel gehou moet word tydens beurtkrag, veral wanneer daar funksies of akademiese programme na-ure gehou word.

Die volgende geboue se kragopwekkers sal op die volgende tye daagliks tot verdere kennisgewing afgeskakel word:

 Gedurende die week: van 18h00 tot 06h00

Oor die naweek: heeldag (24 uur)

 Goldfields kombuis

IT gebou

Fasiliteitsbestuurgebou

LaunchLab

CG Cilliers

Krotoa

Adam Small

Ou Hoofgebou

Stias

Sportwetenskap

Coetzenburg

Van der Sterr

Indien enige van die bogenoemde geboue krag benodig vir spesifieke geleenthede gedurende die week of naweke, kontak asseblief die gebou se fasiliteitsbestuurder, wat die versoek sal kanaliseer na fasiliteitsbestuur se span wat die kragopwekkers bestuur.

Studie- en rekenaargebruikersareas

Studente wat weens beurtkrag nie toegang tot ander studie- of rekenaargebruikersareas het nie, kan die lesinglokale en rekenaargebruikersareas by die Jan Mouton-leersentrum gebruik om tussen 17h00 en 03h00 te studeer, onderhewig daaraan dat hierdie lokale na-ure vir toetse of eksamens gebruik word. Ander lokale op kampus kan ook vir studiedoeleindes gebruik word.

UPS eenhede

SUFM het Uninterrupted Power Supply (UPS)-eenhede geïnstalleer om toegangsdeure in die residensiële groepering te verkry. Dit verseker dat alle hoofdeure na koshuise om veiligheidsredes beheerde toegang tot alle koshuise bied. Alle brandalarms is ook aan hierdie stelsels gekoppel.

Geboue op die Stellenbosch-kampus wat noodkrag het tydens beurtkrag, word op die US se interaktiewe kampuskaart aangedui en gewys, by die volgende skakel, https://campusmap.sun.ac.za/. Dit is belangrik om daarop te let dat die bogenoemde geboue wat hul kragopwekkers na-ure tydens beurtkrag laat stoor, kan op die kampuskaartskakel reflekteer, maar dit sal nie na-ure in werking wees nie, tensy dit deur die onderskeie omgewings versoek word.

Voorkom beurtkrag “blues" so:

 - maak seker dat jou skootrekenaars, selfone of enige ander elektroniese toestelle ten volle gelaai is en laai al jou elektroniese toestelle voor en na die beurtkragperiodes;

- 'n herlaaibare lig of flits beskikbaar hê; en

- gebruik 'n kragbank om jou elektroniese toerusting, selfone en dies meer te laai of aan te dryf.

Veiligheid

 Studente in Stellenbosch word aangemoedig om ná sononder en veral tydens beurtkragperiodes van die “voetgangerbegeleidingdiens" wat deur Kampussekuriteit aangebied word, gebruik te maak. Om hierdie diens te gebruik: Whatsapp 082 808 2333.

Laai die toepassing af

Maak asseblief seker dat beurtkrag jou nie onkant vang nie. Monitor en maak gebruik van beurtkrag-toepassings om belyn te wees met beurtkragtye en veranderinge. Kontak asseblief jou fasiliteitsbestuurder of die FM-dienstoonbank by uitbreiding 4666 of fmhelpdesk@sun.ac.za indien jy enige vrae het.

 

Vriendelike groete

Nicolette van den Eijkel

Hoofdirekteur: Fasiliteitsbestuur