Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ruimtes vir virtuele vergaderings nou beskikbaar in Universiteit Stellenbosch Biblioteek

​Die Biblioteek is baie bly om te kan aankondig dat twee ruimtes in die US Biblioteek beskikbaar gemaak is vir aanlyn vergaderings.

Die twee vertrekke is in die Leersentrum (op die boonste vlak van die US Biblioteek, langs die loopvlak) en in die Navorsingsruimte (op die onderste vlak, langs die trap). Die lokaal in die Leersentrum is beskikbaar vir gebruik d​​eur enige gebruiker, ongeag hul studiejaar, maar die een in die Navorsingsruimte word beperk tot gebruik deur meester- en doktorale studente, navorsers en akademiese personeel. Die lokale sal eers vanaf 13 Maart beskikbaar wees, maar besprekings kan nou reeds op ons aanlyn besprekingsblad gedoen word. Ten einde so veel as moontlik gebruikers te akkommodeer, word besprekings beperk tot 'n maksimum van twee uur per gebruiker per dag. Gebruikers moet hul eie toestelle bring om vergaderings by te woon of te fasiliteer, sowel as hul eie oorfone. Die lokale is ook slegs beskibaar vir gebruik deur individue, nie vir groepe nie. Groepe kan steeds van die seminaarkamers in die Navorsingsruimte en die gesprekskamers in die Leersentrum gebruik maak.​