Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
LUGVERSORGINGSTELSELS OP KAMPUS

​Beste Kollegas en Studente

LUGVERSORGINGSTELSELS OP KAMPUS

Beurtkrag is deel van ons daaglikse lewe, of by die huis of by die werk, en gaan vir die afsienbare toekoms ons lewens beïnvloed. Ons werkruimtes raak ongemaklik om in te werk sonder elektrisiteit en lugversorging. Geboue op kampus wat rugsteunkrag het, sal beperkte elektrisiteitstoevoer vir noodproppe en beligting hê en die impak op lugversorgingstelsels tydens beurtkragtye, sal soos volg wees:

Lugversorgingstelsels is so ontwerp dat die HVAC-aanleg/-toerusting lug afkoel tot 'n voorafbepaalde temperatuur. Terselfdertyd trek lughanteringseenhede buitelug (vars lug) in die stelsel in wat met die verkoelde lug meng om te verseker dat die luggehalte aan SANS-standaarde voldoen. In terme van Beroepsgesondheid en Veiligheid moet daar 'n spesifieke persentasie vars lug in die stelsel ingetrek word waar fasiliteite deur HVAC-stelsels verkoel word. Rugsteunstelsels is nie ontwerp om hysbakke, HVAC-stelsels en dies meer te laat funksioneer tydens 'n kragonderbreking nie. Tydens beurtkrag sal die volgende gebeur met 'n lugversorgingstelsel:

Alle HVAC-aanleg/toerusting wat die lug afkoel, sal afgeskakel word.

Slegs lughanteringseenhede wat die vars lug in die lugversorgingstelsel genereer, sal aanhou loop. Dit is om te verseker dat minimum vars lug in die gebou gehandhaaf word volgens SANS-standaarde. Die vars lug wat in die werkruimtes ingetrek word, is by die temperatuur van die buitelug op daardie tydstip. Sodra beurtkrag verby is en die HVAC-stelsel weer begin werk, sal dit 'n rukkie neem vir die afgekoelde lug om die voorafbepaalde verkoelingstemperatuur te bereik.

Daar is geen beheer oor individuele muur-, venster- en gesplete eenheid nie, maar verkieslik behoort dit af te bly tydens beurtkrag. O​ns maak staat op almal om ons met hierdie kwessies te help. Ons waardeer elke individu se begrip en samewerking opreg. 

Vriendelike groete

Nicolette van den Eijkel

Hoofdirekteur: Fasiliteitsbestuur