Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
MaRooN Gesondheidspaspoort: kyk na jou gesondheid en welstand, en staan 'n kans om te wen!

Voltooi jou MaRooN (Maties Risk of Non-communicable disease) Gesondheidspaspoort - 2022 Uitgawe, 'n gesondheids- en welstandsmoniteringshulpbron wat deur die Instituut vir Sport- en Oefengeneeskunde (ISEM) en die Kampusgesondheidsdiens (KGD) van die Universiteit Stellenbosch bekendgestel is en staan 'n kans om 'n gelukkige trekkingsprys ter waarde van R5000 te wen!

Jou MaRooN Gesondheidspaspoort sal 'n geïndividualiseerde verslag en voorstelle verskaf oor hoe om jou gesondheid en welstand te verbeter!

Die inligting wat deur hierdie aanlyn opname verkry word, sal deur die professionele personeel as vertroulik hanteer en gebruik word om die gesondheid en welstand van atlete, studente, personeel en ander professionele persone te assesseer. Dit sal ons help om gesondheids- en lewenstylintervensieprogramme aan te pas om aan toekomstige versorgings- en gesondheidsbehoeftes te voldoen.

Vir toegang tot jou MaRooN Gesondheidspaspoort, klik asseblief hier of skandeer asseblief die QR-kode.

MaRooN QR Code.png

Verdere inligting:

Die MaRooN Gesondheidspaspoort beskik oor goedkeuring van die Navorsing-etiekkomitee (US-projeknommer: 0793), asook institusionele goedkeuring (IRPSD-1062). Rig enige navrae oor hierdie paspoort aan die span by die MaRooN Gesondheidspaspoort by maroon@sun.ac.za.