Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Beurtkrag en die Universiteit Stellenbosch: ons plan van aksie

Geagte studente en personeel van die Universiteit Stellenbosch

Sedert Sondag het die land na fase 6-beurtkrag geskuif nadat Andre de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, gesê het die kragvoorsiener is met 'n dubbele slag getref nadat nog 'n paar eenhede misluk het. Hierdie situasie sal voortduur todat die nodige kapasiteit herstel het.

Kritieke geboue op die Stellenbosch-kampus wat kragopwekkers het, sal vir die duur van die akademiese dag van 06h00 tot 18h00 tydens beurtkrag in werking wees. Ons fasiliteitsbestuurspanne sal voortgaan om die diesel dienooreenkomstig aan te vul.

Nie-kritiese geboue (sien lys hieronder), soos geboue waar daar geen vrieskaste of kritieke toerusting is nie, sal soos volg “kragopwekker-beurtkrag" hê:

Gedurende die week: van 18h00 tot 06h00

Oor die naweek: heeldag (24 uur)

Die nie-kritieke geboue is:

Tienie Louw

IT-gebou

Fasiliteitsbestuur-gebou

LaunchLab

CG Cilliers

Kroatoa

Adam Small

Ou Hoofgebou

Stias

Sportwetenskap

Coetzenburg

Van der Sterr

Dagbreek

Goldfields

Wilgenhof


Indien enige van hierdie geboue krag benodig vir spesifieke geleenthede gedurende die week of naweke, kontak asseblief die gebou se fasiliteitsbestuurder, wat die versoek na Fasiliteitsbestuur sal kanaliseer.

Sou beurtkrag verby vlak 6 beweeg, sal ons dalk bykomende maatreëls moet tref.

Studente wat weens beurtkrag nie toegang tot studie- of rekenaargebruikersareas het nie, kan die lesinglokale en rekenaargebruikersareas by die Jan Mouton-gebou gebruik om tussen 17h00 en 03h00 te studeer, onderhewig daaraan dat hierdie lokale na-ure vir toetse of eksamens gebruik word. Ander lokale op kampus kan ook vir studiedoeleindes gebruik word.

 

Wat die US doen

Om die uitwerking van beurtkrag te verminder, het die US 50 kragopwekkers op al ons kampusse geïnstalleer. Hierdie kragopwekkers verskaf tans die krag wat ons nodig het vir ons noodsaaklike geboue om binne ons akademiese ure te funksioneer.

Fasiliteitsbestuur is sedert 2016 hard aan die werk om voorkomende maatreëls in plek te stel om te verseker dat die Universiteit Stellenbosch sy doel kan bereik, om elke akademiese jaar suksesvol te voltooi met so min as moontlik ontwrigting vir studente en personeel.

Ons het die konsep goedgekeur vir 'n distriksopwekkingsprojek waar ons 'n ringtoevoer van elektriese toevoer na verskeie geboue gaan bou. Met die voltooiing van hierdie projek sal ons die aantal kragopwekkers aansienlik kan verminder terwyl ons die rugsteunkapasiteit verhoog. Noodkrag kan dan aan die hele kampus verskaf word. Die impak van minder eenhede om in stand te hou sal instandhoudingskoste en stilstandtyd op hierdie eenhede verminder.

Verskeie energiebesparende projekte binne die breër kampusvernuwingsprojek is suksesvol afgehandel of is aan die gang om ons afhanklikheid van die nasionale netwerk te verminder.

Die Neelsie fotovoltaïese (FV) sonkrag-dak-aanleg, wat tans 393kW elektrisiteit opwek en ons meer as R1 miljoen per jaar bespaar, is die voorloper van 'n R73 miljoen FV-projek wat vanjaar begin het en teen 2025 sal uitrol met sonpanele op geboue oor vier kampusse heen.​

Ons het ook Uninterrupted Power Supply (UPS)-eenhede geïnstalleer om toegangsdeure in die residensiële groepering te verkry, om te verseker dat alle hoofdeure na koshuise om veiligheidsredes beheerde toegang tot alle koshuise bied. Alle brandalarms is ook op hierdie stelsel gekonnekteer.

Geboue op die Stellenbosch-kampus wat noodkrag het tydens beurtkrag sal op die US interaktiewe kampuskaart aangedui en gewys word, by die volgende skakel: https://campusmap.sun.ac.za/


Vriendelike groete

Nicolette van den Eijkel

Hoofdirekteur: Fasiliteitsbestuur