Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
2022 Navorsingspublikasie-uitsette opname is nou oop vir vaslegging!

Die jaarlikse opname van die 2022 navorsingspublikasie-uitsette vind weereens plaas via die sg “Research Administration" (RA) navorsingsinligtingstelsel en die stelsel is oop vir die vaslegging van die 2022- navorsingspublikasie-uitsette.

U word vriendelik daaraan herinner dat

vir subsidiedraende uitsette, alle ondersteunende materiaal moet voortaan op die RA stelsel gelaai word. Vergewis u asseblief omtrent die ondersteunende materiaal wat ingedien moet word, soos vervat in die Kontrole lys 2021 (Addendum A).  Die opgedateerde addendum vir die 2022 opname word vroeg in Desember gesirkuleer. Ons vermoed dat die riglyne en kriteria dieselfde gaan bly.

Kliek hier vir die templaat, sou u dit wou gebruik, vir die voltooiing van die geskrewe motivering wat 'n vereiste vir boeke en hoofstuk in boeke is.

Die sluitingsdatum vir hierdie indiening is:

Maandag 09 Januarie 2023 vir die Fakulteit Geneeskunde en         Gesondheidswetenskappe

Maandag 23 Januarie 2023 vir die ander fakulteite

waarna die RA stelsel gesluit sal word en geen verdere uitsette sal ingevoer kan word nie.

Navrae kan gerig word aan u departementele verteenwoordiger of kontak

me Daléne Pieterse, tel: 021 808 3557, e-pos: mver@sun.ac.za;

me. Esmari Huysamen, tel.: 021 808 4914, e-pos: esmarih@sun.ac.za of

me Felicia Mc Donald, tel: 021 808 2581, e-pos.: fmcdonald@sun.ac.za by Afdeling Navorsingsontwikkeling.