Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Herinnering: Tydelike hervestiging van AARGO/ Assesseringskantoor (ou eksamenkantoor)

HERINNERING

Weens die opknapping van die huidige AARGO/ Assesseringskantoor (Ou Eksamenkantoor) wat tans geleë is in kamer 2075 in Admin A, het ons tydelik oorgeskuif na die ou Fasiliteitsbestuur Anneks-gebou vanaf 01 Julie tot 31 Desember 2022.

Sien die skakel hieronder met die kaart om ons te vind op kampus:

http://www.sun.ac.za/english/PublishingImages/Maps/Stellenbosch_Afr/Main%20kampus%20kaart.pdf

Vir Studente

Sien verwysings vir die volgende navrae

  • Aansoeke vir spesiale vergunnings (bv. ekstra skryftyd) direk aan skryftyd@sun.ac.za  
  • Aansoeke vir akademiese rekords aan records@sun.ac.za
  • Aansoeke vir verlof tot afwesigheid aan gary@sun.ac.za
  • Aansoeke vir die herberekening van punte vir buigsame assesseringsmodules vir die Mei – Junie 2022 assesseringsperiode:
​Vir Buigsame asseseringsmodules

Neem kennis dat aansoeke vir herbeoordeling van assesseringskrifte nie buigsame asseseringsmodules insluit nie. In hierdie geval, kan jy aansoek doen vir 'n herberekening van jou prestasiepunt. Kyk par. 8.4.1.12 in die Algemene Jaarboek 2022 Deel I bl 50 (sien skakel, http://www.sun.ac.za/english/Documents/Yearbooks/Current/Deel-1-Algemeen-Kalender.pdf)

Konsulteer direk met jou betrokke fakulteitsadministrateur in hierdie verband. Moet dus nie 'n aansoekvorm voltooi en indien nie.

Die sluitingsdatum vir aansoeke vir die herbeoordeling (hermerke) van antwoordskrifte vir die Mei – Junie 2022 eksamenmodules is Vrydag, 29 Julie 2022.

Die herbeoordeling van 'n assesseringsantwoordskrif is onderhewig aan die bepalings van die Algemene Jaarboek 2022 (Deel 1) bl 40 (sien skakel, http://www.sun.ac.za/english/Documents/Yearbooks/Current/Deel-1-AlgemeenKalender.pdf           

Sien die skakel hieronder vir die aansoek- en betalingsprosedures:

http://www.sun.ac.za/english/students/Documents/Exams-and-tests/Current/Application%20and%20payment%20procedure%20for%20the%20remark%20of%20exam%20scripts.pdf

Jou epos met jou aanhegte en voltooide aansoekvorm asook jou bewys van betaling moet studentegelde@sun.ac.za en cgb@sun.ac.za (mnr Cedric Bezuidenhout) teen Vrydag, 29 Julie 2022 bereik het. Die proses sal eers daarna volg.

·     Alle voorafgereëlde self-afhale van April 2022 graaddokumentasie by die Informasietoonbank by Admin A.

·     Vir verdere navrae oor die uitstuur van April 2022 graaddokumentasie, stuur asseblief 'n epos aan ricardo@sun.ac.za vir opvolg.

Vir enige Desember 2022 gradeplegtigheidnavrae, kontak asseblief ons Gradeplegtigheidkoördineerder, me Demi Melton by demi@sun.ac.za

Vir enige verdere assesseringsverwante versoeke, stuur asseblief 'n epos aan een van die volgende 3 kollegas (nie al 3 nie).

Vir enige onopgelosde assesserings-, gradeplegtigheid- of akademiese rekords sake of kwessies, kontak asseblief vir Ruby Frans by ruby@sun.ac.za

Vir dosente, departementele verteenwoordigers en gebou-assistente se aandag

Vir enige verdere assesseringsverwante versoeke, stuur asseblief 'n epos aan een van die volgende 3 kollegas (nie al 3 nie).

Vir die afhaal van Oktober – November 2022 antwoordskrifte, reël asseblief hierdie kolleksies vanaf ons tydelike kantore by die ou Fasiliteitsbestuur Anneksgebou.


Vir enige onopgelosde sake of kwessies, kontak asseblief vir Ruby Frans by ruby@sun.ac.za