Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Parkeerreëlings: 18 Mei 2022

​Die Universiteit Stellenbosch (US) huldig Woensdag, 18 Mei 2022 sy 15de Kanselier, oudregter Edwin Cameron, in. Die geleentheid word in die Kruiskerk gehou.

Om die nodige voorbereidings vir die inhuldiging te tref, word personeel wat die parkeerareas voor Admin A, B en C benut, vriendelik versoek om hul voertuie teen 13:00 te skruif. Neem asseblief kennis dat die bogenoemde parkeerareas vir die res van die dag ontoeganklik sal wees.

Personeel wat gewoonlik in hierdie parkeerterreine parkeer, kan dié dag by Coetzenburg parkeer en die US se pendeldiens gebruik. Die parkering voor Admin A, B en C sal weer op Donderdag, 19 Mei soos gewoonlik beskikbaar wees.