Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maties Gimnasium Personeel Promosie

Aandag alle US-personeel!

Soos ons almal weet, het Covid-19 sy tol nie net finansieel geneem nie, maar ook op ons geestelike welstand. Om die verwoestende uitwerking op ons liggame en gedagtes reg te stel, moet ons weer begin beweeg. Fisiese aktiwiteit is nie net goed vir die liggaam nie, maar ook vir die verstand. Fisiese aktiwiteit begin 'n ketting van gebeure waar chemikalieë en hormone in die liggaam vrygestel word. Hierdie chemikalieë laat ons goed voel en verhoog ons selfbeeld. Om fisies aktief te wees, verbeter ons slaappatrone wat ons weer help om beter te konsentreer. Fisiese aktiwiteit is ook 'n goeie manier om nuwe mense te ontmoet, weg te breek van die daaglikse lewe en dit verbeter konsentrasie. Ander voordele waarna ons kan uitsien, is:

  • Minder spanning, stres en geestelike moegheid
  • Verhoog natuurlike energie
  • Dit gee jou 'n gevoel van prestasie
  • Gesonde eetlus
  • Om pret te hê
  • Minder buierigheid

Gereed om jou bene te strek na al die inperkings?

Ons het die regte promosie vir jou!

Opsie1: Koop 9 maande, kry drie maande gratis. Kontant vooraf transaksie alleenlik. Kies jou begindatum enige tyd in 2021.

Opsie2: Koop 1 maand, kry 1 maand GRATIS.

Eerste 20 om aan te sluit, sal 'n komplimentêre Maties Gimnasium rugsak kry!

Aanbiedings is slegs geldig tot 08 Oktober 2021. Vir meer inligting e-pos ons by gymsales@sun.ac.za​