Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Jou biblioteek in ’n veranderende wêreld: hoe kan ons jou beter van diens wees?

​Die Biblioteek-en Inligtingsdiens gaan van 16 Augustus tot 10 September 'n opname onder ons gebruikers doen. Jou deelname en terugvoer is baie belangrik om ons te help om jou biblioteek se dienste te beoordeel en verbeter. Wees op die uitkyk vir 'n uitnodiging in jou inmandjie op 16 Augustus 2021 en voltooi die opname.

Die Biblioteek doen die opname, bekend as LibQUAL, om:

  • uit te vind wat jou siening is oor die gehalte van die biblioteekdienste en -fasiliteite;
  • te verstaan wat jou verwagtinge is sodat ons ons dienste kan verbeter en bemark;
  • betekenisvolle vergelykings oor biblioteekdienste nasionaal en internasionaal te kan doen;
  • volgens nasionale standaarde in jou behoeftes as 'n kliënt te kan voldoen; en
  • ons standaard as 'n akademiese biblioteek in ooreenstemming met nasionale norme te verbeter.

Jy staan 'n kans om 'n prys in 'n gelukstrekking te wen indien jy die opname voltooi en jou e-posadres aan die einde verskaf. Jou antwoorde op die opname sal nie aan jou e-posadres gekoppel word nie.

Neem asseblief deel aan die opname sodat ons jou beter van diens kan wees.