Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Graad 9 vakkeusevoorligting

​Die eerste stap in die beroepsvoorligtingproses is die vakkeuse aan die einde van Graad 9. Leerders besef nie altyd op hierdie vroeë ouderdom dat vakkeuse 'n groot implikasie kan hê in terme van hulle toekomstige loopbaankeuse nie. Die Universiteit van Stellenbosch bied daarom ʼn professionele vakkeuse-assesseringsdiens aan, sodat ons leerders sover as moontlik kan ondersteun om ʼn ingeligte besluit rakende hulle vakke en toekomstige loopbaan te kan maak.

Wat behels die diens?

Weens die derde vlaag van COVID-19 is die psigometriese assessering slegs aanlyn beskikbaar (vrae in Eng). Aanlyn word die kliënt ondersteun deur 'n geregistreerde sielkundige op Microsoft Teams d.m.v die “screen share" opsie.

Assesserings sluit 'n psigometriese assessering van persoonlikheid, aanleg en belangstellings, ʼn 1 uur individuele terugvoersessie, asook 'n verslag met die resultate en aanbevelings, in. Laasgenoemde sal binne twee weke na die assessering per epos na jou gestuur word. 

Aanbevelings word gemaak op grond van die kliënt se unieke profiel en kan dus programme aan 'n verskeidenheid van hoëronderwysinstellings insluit. Hierdie geleentheid word dus aangebied vir alle voornemende studente en nie slegs vir diegene wat aan die Universiteit van Stellenbosch wil studeer nie. 

Koste van die diens: Die koste beloop R2350 (Maandag - Vrydag) / R2900 (Saterdag). 

Vir besprekings, kontak asseblief: csr@sun.ac.za 

Belangrike inligting:

  • Ons is oop tydens skoolvakansies​
  • Ons assesseer slegs 15-21 jariges