Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Indiening van Kreatiewe Uitsette vir subsidie-doeleindes 2021

​Navorsers het nou die geleentheid om hulle kreatiewe uitsette in te dien by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) vir formele erkenning en subsidie-doeleindes.

Die interne sluitingsdatum vir indien van hierdie uitsette is 1 Junie 2021.

Voltooi asb. die aanlyn vorm vir elke indiening:  https://redcap.sun.ac.za/surveys/?s=REKY9EHTHM

Let op dat die name en kontakbesonderhede van twee eweknie beoordelaars ook verskaf moet word in die aanlyn aansoek.

Die databank Figshare (https://figshare.com) is beskikbaar as platform om 'n skakel van die uitset te deel.

Ons wil graag sekere belangrike aspekte uitlig:

Kategorieë wat kwalifiseer vir subsidie asook kontakpersone indien verdere inligting spesifiek tot die kategorie verlang word:

Skone Kunste & Visuele Kunste (prof Elizabeth Gunther eg@sun.ac.za)

Musiek (dr Mario Nell mdn@sun.ac.za  & dr Marietjie Pauw empauw@sun.ac.za

Teater, Opvoerings & Dans (dr Mareli Pretorius mareli@sun.ac.za)

Ontwerp (prof Elizabeth Gunther eg@sun.ac.za)

Rolprent & Televisie (dr Mareli Pretorius mareli@sun.ac.za)

Literêre Kuns (prof Catherine du Toit cdt@sun.ac.za)

Kontakpersone vir algemene navrae:

Esmari Huysamen                                      (021 808 4914; esmarih@sun.ac.za)

Felicia Mc Donald                                      (021 808 2581; fmcdonald@sun.ac.za)

Daléne Pieterse                                          (021 808 3557; mver@sun.ac.za)

Maryke Hunter-Hüsselmann                      (021 808 4623; mh3@sun.ac.za

Kontakpersoon vir hulp met die aanlyn vorm:

Jennifer De Beer                                          (021 808 9444; jad@sun.ac.za)

 

Uitsetjare waarvoor aansoeke ingedien kan word:

n-3 maw vir hierdie rondte sal uitsette wat gelewer is in die periode 2018-2020 in aanmerking kom.

 

NB: Let asseblief daarop dat onvolledige aansoeke nie in aanmerking sal kom nie en nie geprosesseer kan word vir subsidie nie.