Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
MatiesWiFi uitgefasseer einde 2020


Vanaf Januarie 2021 sal MatiesWiFi nie meer op kampus beskikbaar wees nie en sal alle gebruikers moet oorskakel na eduroam. (Meer inligting oor eduroam

Die motivering agter die verandering is om vir sekuriteitsredes weg te beweeg van `n minder veilige WiFi-opsie (MatiesWiFi) na WiFi waar jou data en identiteit enkripteer en beveilig word (eduroam).

Toegang tot eduroam as jou toestel geregistreer is

Indien jou toestel alreeds op US wifi netwerk vir MatiesWiFi of Secure geregistreer is, sal dit outomaties aan eduroam kan koppel. Gebruik jou volle gebruikersnaam (xxxx@sun.ac.za ) en wagwoord om aan te teken.In plaas van MatiesWiFi of Secure kies net die Eduroam netwerk op jou toestel se WiFi stellings. Indien jy toegang tot die internet via eduroam benodig, moet jy steeds  Inetkey oopmaak.

Volledige instruksies is op ons Dienskatalogus beskikbaar en in hierdie handleiding. 

Toegang tot eduroam as jou toestel nie registreer is nie

Indien jou toestel nie geregistreer is op vir die WiFi-netwerk nie gebruik asb Registerme om te registreer. Elke toestel moet apart geregistreer word. Jy kan tot 5 toestelle op die US WiFi-netwerk registreer. Neem kennis dat hierdie aanwysings net van toepassing is vir die registrasie van jou toestel op die eduroam WiFi-netwerk. Enige ander netwerk registrasies kan op ons ICT Partner Portal aangevra word. 

Aan die einde van 2020 word alle toestelle van die MatiesWiFi-netwerk verwyder, en moet alle toestelle dus asb. herregistreer word om voortaan, vanaf 2021, op eduroam te werk.​