Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Matie-winkel is weer propvol voorraad vir jou 2021-inkopies

​Die Universiteit Stellenbosch se gunsteling Matie-winkel se rakke is weer vol voorraad om seker te maak studente kan die jongste  Universiteit van Stellenbosch produkte vir 2021 aanskaf. 'n Wye verskeidenheid handelsmerkprodukte is op Takealot beskikbaar om dit toeganklik te maak vir studente en alumni oral in Suid-Afrika.

Een van die gewildste produkte is die Eeufees Pinotage 2017 wat spesiaal vir die US se eeufeesjaar gebottel is. Dit is individueel genommer en beskikbaar in bokse van ses teen R990. Jy kan ook 'n dubbele wynverkoeler (R305) van gehalte koop wat ideaal is om jou gunsteling bottel wyn na 'n restaurant of na vriende en familie te neem.

Om seker te maak dat jy warm bly, veral tydens intervarsity-wedstryde, is 'n Maties-puffer-baadjie 'n moet vir daardie onverwagte koue aande. Dit is beskikbaar vir mans en vroue in alle groottes teen R890. En terwyl ons klere gesels, voeg sommer 'n US-hoody by (met die US emblem, korporatiewe logo of Maties-knopie op). Dit is beskikbaar in swart, grys en maroen in alle groottes teen R520 - R590) en 'n US-gholfhemp (beskikbaar in maroen en grys melange vir R322).

Vir die eerstejaarstudente van 2021, kyk na die verskeidenheid US t-hemde in alle groottes (R210).

Afgesien van die kledingstukke, is daar ook geskenkstelle en skryfbehoeftes te koop. Gaan na Takealot en vind ons Universiteit Stellenbosch-winkel daar.