Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US Biblioteek se studie- en navorsingsdienste word van 12 Oktober uitgebrei

​Vanaf 12 Oktober sal Stellenbosch Universiteit Biblioteek vir 'n maksimum van 100 kliënte beskikbaar wees vir die gebruik van rekenaars en vir studie- en navorsingsdoeleindes. Kliënte is welkom om hul eie toestelle saam te bring.

Vanaf 13 Oktober kan kliënte die besprekingstelsel ook gebruik om boeke in die biblioteek te soek. Dieselfde aanlyn besprekingstelsel moet hiervoor gebruik word. Kliënte moet die bespreking 24 uur voor die verkose tyd maak. 'n Fakulteitsbibliotekaris sal die kliënt voor die besprekingstyd kontak om die nodige prosedures te verduidelik. Let asb. op dat Maandag besprekings reeds die vorige Vrydag bevestig moet word.

Die aantal kliënte wat die biblioteek besoek, sal gemonitor word ten einde aan COVID-19 protokolle te voldoen. Besprekings is net moontlik binne die biblioteek se openingsure, Maandag – Vrydag: 08:00 – 16:00. Kliënte kan die biblioteek se aanlyn besprekingstelsel gebruik om vir hierdie twee sessies te bespreek:

​-  8:00 – 11:45
-  12:00 – 15:45

Die volgende ruimtes is beskikbaar vir bespreking:

-  Leersentrum
-  Navorsingsentrum
-  Biblioteek boonste vloer oop area
-  Biblioteek boonste vloer rekenaararea
-  Spesiale Versamelings
-  Regsafdeling

Kliënte wat 'n besoek aan die biblioteek wil bespreek, moet steeds aan COVID-19 gesondheidsvereistes voldoen. Hierdie maatreëls is belangrik om die veiligheid van biblioteekpersoneel en -kliënte te verseker.

Ons verwelkom kliënte dus graag terug by die biblioteek om die beskikbare rekenaars en ruimtes vir studie- en navorsingsdoeleindes te gebruik.