Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Studente uitgenooi na wêreldwye gesprek by SUEEC

​Beste US-student

Re: Universiteit Stellenbosch Konferensie oor Ervaringgerigte Opvoeding (SUEEC)

Ons wil graag 'n wonderlike geleentheid met jou deel wat jou in staat sal te stel om die uitstekende werk wat jy doen binne die domein van ervaringgerigte opvoeding doen, te vertoon. Jou betrokkenheid by ervaringsleeraktiwiteite word hoog aangeskryf en opgemerk deur die Sentrum vir Studenteleierskap, Ervaringgerigte Opvoeding en Burgerskap, en ons nooi jou dus uit om dit aan die SUEEC se wêreldwye gehoor voor te lê.

Die geleentheid om dit te doen is in die Voorbeeldvertoonvenster ('Exemplar Showcase'). SUEEC bied 'n buitengewone geleentheid vir studente soos jy om die goeie werk wat gedoen word, ten toon te stel en dit intern sowel as ekstern te bevorder.

Voorbeeldvertoonvenster: Deel ʼn mini-dokumentêre film van 3-minute oor ervaringgerigte opvoeding by jou universiteit of organisasie en dra by tot die voorbeeldvertoonvenster van beste praktyk oor die wêreld heen. In wese, waar jy wys wat studente in die veld doen (ervaringgerigte opvoeding in aksie).

Voorleggings vir voorbeelde sluit: 11 Oktober 2020

Wat jy sal moet doen om jou mini-dokumentêre film van 3-minute saam te stel, is om te sorg dat jy 'n storie het om te vertel. Berei jou storie voor, maak seker dat jou spelers betrokke is, om te verseker dat die storie opwindend is. En onthou – dit gaan nie oor jou nie, maar eerder oor die impak van die werk wat gedoen word. Beskou jouself as die verteller van die verhaal en gebruik die 'voice over' funksionaliteit in die video. 'n Voorvereiste is dat daar bewyse van betrokkeneheid moet wees in die video, wat die werk van die ervaringsleeraktiwiteit ten toon stel.

Deur hierdie mini-dokumentêre as finale produk te hê, sal dit ongelooflik waardevol wees in jou toekomstige werk vir navorsings-, verslagdoenings- en aanbiedingsdoeleindes.

Hiermee 'n paar bronne om jou te laat nadink oor die moontlikhede om jou werk ten toon te stel:

'n Bykomende opsie wat oorweeg moet word, is die WOW (Window On the World) netwerk-vennootskapsessie, wat verskil van die Voorbeeldvenster deurdat die klem daarop val dat jy ander insig gee oor wie jy is en wat die waarde van jou werk is:

WOW (Window On the World): Skakel in by ʼn genetwerkte vennootskapsessie en deel 'n 2-minuutblik op jou wêreld, vertel die ervaringgerigte opvoeders van die wêreld ʼn bietjie van jouself, jou rol, jou instansie en hoekom jou werk vir jou belangrik is.

WOW-voorleggings sluit: 11 Oktober 2020

Let asseblief daarop dat jy gratis toegang tot die SUEEC sal kry as jou voorleggings aanvaar word. Voorleggings wat nie aanvaar word nie, sal aanlyn as inhoud-op-aanvraag gedeel word.

Sluit by ons aan op 10-11 November 2020 deur deel te neem en by te dra aan een of meer van die SUEEC-geleenthede.

Verken ons webwerf (www.sueec.com), registreer vir die konferensie en deel hierdie geleentheid met ander.

Kontak ons gerus by experientiallearning@sun.ac.za as jy addisionele ondersteuning wil hê.

Ruth Andrews en die SUEEC-span

Universiteit Stellenbosch
Sentrum vir Studenteleierskap, Ervaringgerigte Opvoeding en BurgerskapAfdeling Studentesake
experientialeducation@sun.ac.za