Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sluit aan by die Studentesake Transformasiehandves subkomitee

​Die Afdeling Studentesake wil graag jou insette in die opstel van die Studentesake Transformasiehandves vir die Universiteit Stellenbosch (US) hê. Die Handves sal 'n belofte wees om 'n transformerende, verwelkomende, inklusiewe en gedekoloniseerde omgewing vir almal aan die US te skep.

Ons is daartoe verbind om omgewings te bevorder waarin diversiteit gevier word en voldoende ondersteuning verleen word om studentesukses te verseker, in ooreenstemming met die US se eienskappe van 'n graduandi.

Ons nooi twee personeellede en tien studente uit, vanaf alle kampusse, om by die Studentesake Transformasiehandves Subkomitee aan te sluit, wat verantwoordelik is vir die opstel van die Handves. Hierdie subkomitee doen verslag oor die Studentesake Transformasieforum. Indien jou aansoek suksesvol is, behels jou deelname aan die proses om twee keer per maand vir 1,5 uur by te subkomitee aan te sluit vir 'n vergadering.

Indien jy belangstel om aan hierdie proses deel te neem, stuur asseblief 'n een-paragraaf-motivering per e-pos aan Vuyokazi Hlwatika op 20335032@sun.ac.za teen 2 Oktober 2020 om middernag. Ons wil graag hê dat die subkomitee uiteenlopend en verteenwoordigend is van individue uit alle agtergronde.

As jy enige vrae het, kontak die voorsitter van die subkomitee, me Khairoonisa Foflonker, by khairoonisa@sun.ac.za of Vuyo Hlwatika by 20335032@sun.ac.za.