Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Oproep tot leierskap: nuwe ko-ed studentegemeenskap

24 September 2020


Beste Student

In 'n onlangse kommunikasie aan die studentegemeenskap het prof Arnold Schoonwinkel (Viserektor: Leer en Onderrig) die nuus gedeel dat 'n nuwe ko-ed koshuis studentegemeenskap in 2021 aan die Universiteit Stellenbosch (US) tot stand sal kom.

Huidige studente wat volgende jaar by die US ingeskryf sal wees en daarin belangstel om by dié nuwe leef- en leergemeenskap aan te sluit, dit te ontwikkel en te vestig, moet kennis neem van die aansoekproses, soos hieronder uiteengesit.

Die volgende posisies moet gevul word:

  • Prim (1 posisie)
  • Onderprims (2 posisies)
  • Huiskomiteelede (8 posisies)
  • Mentors (13 posisies, insluitende die Hoofmentor, wat aangestel sal word uit die groep van aangestelde mentors.)

Die aanstelling van hierdie studenteleiers sal deur 'n komitee van die Sentrum vir Studentegemeenskappe, bestaande uit studente en personeel, gevoer word.

Volg die onderstaande skakels om vir een of meer van die posisies aansoek te doen:

  • Prim – klik hier om teen Dinsdag, 29 September 2020 om 23:45 aansoek te doen.
  • Onderprims – klik hier om teen Maandag, 5 October 2020 om 23:45 aansoek te doen.
  • Huiskomiteelede – klik hier om teen Maandag, 12 October 2020 om 23:45 aansoek te doen.
  • Mentors – klik hier om teen Maandag, 19 October 2020 om 23:45 aansoek te doen.

Vorige leierskapservaring en 'n gunstige akademiese rekord is voordelig vir jou aansoek.

Hierdie nuwe, voorgraadse koshuis is sentraal op die Stellenbosch-kampus geleë en het plek vir 90 vroulike en 68 manlike studente, insluitend 90 nuwelingstudente in 2021. Hierdie koshuis sal 'n kritieke rol speel in die skep van 'n inklusiewe leef- en leergemeenskap wat die US se gedeelde visie en waardes van diversiteit, billikheid en wedersydse respek sal omhels. Benewens 'n akademiese kwalifikasie by die gradeplegtigheid, sal ons studente in hierdie nuwe gemeenskap aangemoedig word om eienskappe van 'n graduandi te ontwikkel wat hulle sal voorberei op 'n dinamiese loopbaan en 'n lewenslange impak in die breë samelewing.

Indien jy belangstel om as inwoner by hierdie nuwe studentegemeenskap aan te sluit (en nie in 'n leiershoedanigheid soos hierbo uiteengesit nie), voltooi asseblief hierdie vorm. Let daarop dat die uitslag van u aansoek eers in November bekend gemaak sal word. Geen plasings kan gewaarborg word nie.

Ons wil vir elke Matie 'n ware transformerende studente-ervaring by 'n florerende Universiteit Stellenbosch verseker. Ons is opgewonde oor hierdie geleentheid om 'n nuwe koshuis te skep wat die volle diversiteit van die studenteliggaam verteenwoordig, en ons strewe na uitnemendheid deur diversiteit sal help verwesenlik.

Kontak ssg@sun.ac.za indien jy enige navrae het oor die aansoekproses vir die leiersposisies.

Vriendelike groete

Sentrum vir Studentegemeenskappe
Afdeling Studentesake