Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Registreer vir veelfaktor-bekragtiging (MFA)


Ons is reeds deeglik bewus van die groeiende risiko betrokke wanneer ons aanlyn werk – hetsy dit in ons kantore is of by die huis is. Die nadeel van by die huis werk is die groter waarskynlikheid vir kuberaanvalle en hoër risiko vir sekuriteitsrisiko’s. Dis makliker om in die strik van sekuriteitsrisiko’s te trap as daar meer afleidings is en die aanlyn-werksomgewing minder veilig is.

Om ons personeel en studente te beskerm teen sekuriteitsaanvalle in ons huidige omstandighede, sowel as wanneer ons terug is op kampus, is dit nodig om ekstra sekuriteitsmaatreëls in plek te sit. Informasietegnologie ondersoek en toets reeds die afgelope paar maande veelfaktorbekragtiging (MFA) as `n addisionele maatreël om persoonlike inligting en data te beskerm.  Meer oor MFA hier. 

In kort beteken dit dat jy wanneer jy vir sekere dienste aanteken, jy gevra sal word om addisionele inligting te verskaf om jou identiteit as Universiteit Stellenbosch personeellid of student te bevestig.

Teen middel-Augustus sal daar van alle personeel en studente verwag word om veelfaktor-bekragtiging te gebruik  om hulle inligting en die universiteit se netwerk te beskerm. Alhoewel MFA op die oomblik nog nie verpligtend is nie, kan jy reeds registreer deur die volgende stappe te volg.

*Neem kennis dat die selfregistreer-funksie eers op 30 Julie om 12:30 aktief sal wees*

Indien jy enige navrae het of hulp benodig, teken asb. jou versoek aan op die ICT Partner Portal en ʼn tegnikus sal jou kontak.