Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
IT apparatuurondersteuning tydens grendeltyd

Alhoewel Informasietegnologie ten volle operasioneel is sedert die begin van die grendeltyd, was daar sommige funksies wat ons nie kon verrig nie. Sedert die instelling van Vlak 3 is sommige hiervan, soos herstelwerk en die ontvangs van nuwe bestellings, weer moontlik. Dit beteken egter nie dat ons kantore elke dag oop is en ons besoekers kan ontvang nie.

Stellenbosch-kampus:

  • Tans word geen aflewerings deur IT aan kliënte gemaak nie.
  • Maandae, Woendae en Vrydae:   Verskaffers lewer toerusting by ons kantore af.
  • Dinsdae en Donderdae:  Personeel kan toerusting optel by ons kantore.  
    BELANGRIK:  Indien jy `n bestelling geplaas het, sal jy `n outomatiese boodskap van ons stelsel ontvang om te bevestig dat jou bestelling ontvang is. Dit beteken egter nie dat jy die bestelling reeds moet kom optel by die kantoor nie. Ons sal vir jou `n e-pos stuur met `n spesifieke datum wanneer jy jou bestelling kan kom optel. (Voorbeeld van e-pos)
  • Herstel van toerusting: In die geval van herstelwerk sal `n afspraak met die kliënt gereël word deur die tegnikus. Indien jy toerusting het wat herstelwerk benodig, teken soos gewoonlik `n versoek aan en `n tegnikus sal jou kontak. Jy sal `n e-pos ontvang met `n datum en instruksies vir wanneer jy die toerusting na ons kantore kan bring en wanneer jy dit kan optel. 

Tygerberg-kampus:

  • Woensdae:  Aflewerings van Stellenbosch-kampus na Tygerberg-kampus
  • Optel van nuwe bestellings:  Jy sal gekontak word deur `n tegnikus vir `n spesifieke tyd vir optel. 
  • Herstel van toerusting:  Dieselfde tprosedure geld as vir Stellenbosch-kampus.

Vir verdere navrae, meld asb. `n versoek aan op die ICT Partner Portal. Onthou asseblief om `n selfoonnommer te verskaf waar ons jou kan kontak.