Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aanlyn psigometriese assessering vir Gr11-12

Die COVID-19-pandemie het die Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies gedwing om nuwe en innoverende maniere te vind om waarde aan leerders, ouers en opvoeders in die opvoedkundige landskap te bied. Om hieraan te voldoen word die psigometriese assessering nou aanlyn aangebied.

Wie kan van hierdie diens gebruik maak?
Hierdie diens word aangebied vir graad 11 en 12 leerders.

​Wat behels die diens?
Dit sluit 'n psigometriese assessering van persoonlikheid, aanleg en belangstellings, ʼn 1 uur individuele terugvoersessie, asook 'n verslag met die resultate en aanbevelings, in. Laasgenoemde sal binne twee weke na die assessering per epos na jou gestuur word. Die assesseringsproses begin 8:30 tot 12:30 en 'n terugvoersessie in die middag (14:00-15:00 / 15:15-16:15), volg. Aanbevelings word gemaak op grond van die kliënt se unieke profiel en kan dus programme aan 'n verskeidenheid van hoëronderwysinstellings insluit. Hierdie geleentheid word dus aangebied vir alle voornemende studente en nie slegs vir diegene wat aan die Universiteit van Stellenbosch wil studeer nie. Ons maak gebruik van Microsoft Teams as die platform  en aanlynweergawes van die psigometriese instrumente word gebruik. (Neem asseblief kennis dat die meeste van die psigometriese instrumente op die stadium slegs in Engels beskikbaar is.)

Koste van die diens: 
Die koste beloop R2350 per kliënt (Maandag - Vrydag) / R2900 per kliënt (Saterdag).​
US personeel ​​kwalifiseer vir 10% afslag.

Vir besprekings, kontak asseblief:
csr@sun.ac.za / 0218084709

Belangrike inligting:

Ons is oop tydens skoolvakansies
- Assesserings word slegs per bespreking gedoen
- Ander dienste (bv. loopbaanvoorligting in skole, spesiale projekte en/of werkswinkels) word ook gelewer. Die koste word bepaal deur die aard van die projek.
- ​Ons assesseer slegs 15-21 jariges