Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Beskikbare hulpmiddele vir dosente op SUNLearn

​Het jy geweet dat daar verskeie hulpmiddele beskikbaar is vir dosente om SUNLearn te gebruik om studente te onderrig, mee te skakel en beoordeel? Dis veral belangrik gedurende hierdie tydperk wanneer dit nie moontlik is om hierdie take fisies te kan verrig nie.

Hier is `n vinnige en maklike gids met die basiese, beskikbare hulpmiddele op SUNLearn wat dosente kan help om `n besluit te neem op grond van die uitkoms wat hulle verlang.

Vir meer gedetailleerde inligting en bystand, gaan asb. na https://learnhelp.sun.ac.za en versoek hulp via die “Lecturer Support” option.​​