Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Studenteraad #LunchBoxChallenge
Begin: 09/08/2022, 10:00
Einde: 09/08/2022, 14:00
Kontak:Precious Nhamo -
Plek: Neelsie, Level 3, Between VV Hall & Fharga

​Om te gee en te versorg is 'n kerndeel van soveel vroue se lewens. Die Sosiale Impak-portefeulje van die Universiteit Stellenbosch (US) se Studenteraad (SR) eer op Nasionale Vrouedag, 9 Augustus, alle vroue met die herbekendstelling van die #LunchBoxChallenge. Dié inisiatief beoog om die krisis van kostekorte onder baie van ons land se skoolleerders die hoof te bied. Statistieke weerspieël dat baie Suid-Afrikaanse leerders gaan daagliks sonder kos skool toe. Dít is skrikwekkend, veral aangesien hierdie kinders aansienlik meer geneig is tot belemmerde groei en swak akademiese prestasie, spesifiek in hulle vroeë ontwikkelingsfases. Dit veroorsaak onherstelbare skade aan hulle vermoë om te leer en te ontwikkel.

Daarom werk die SR en Rise Against Hunger (RAH) Africa saam aan hierdie inisiatief om 25 000 etes te verpak en aan die voedingskemas van RAH se vroeëkinderontwikkelingsprogram te skenk. RAH is 'n vrywilligergedrewe eteverpakkingsprogram wat wêreldwye hongersnood teen 2030 wil beëindig. RAH-etes word in skole voorsien om hoër inskrywing- en bywoningsyfers aan te moedig. Wanneer leerders gereelde etes ontvang, het hulle die nodige energie om te konsentreer, te leer en aan skoolaktiwiteite deel te neem. Dít stel hulle weer in staat om akademies sukses te behaal en hulle toekomsgeleenthede te verbeter.

Die doel om wêreldwye hongersnood teen 2030 te beëindig strook met die US se sosiale-impaktema van “Voedselsekerheid en gesondheid". Boonop is dit in pas met die Verenigde Nasies se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte van “Geen hongersnood" en “Goeie gesondheid en welstand".

Hiermee doen die SR 'n beroep op alle US-studente en -personeellede om te help keer dat kinders honger skool toe gaan.

Die eteverpakkingsgeleentheid vind op Dinsdag 9 Augustus in die Neelsie (tussen die VV-saal en Fharga) plaas. Vrywilligers sal in drie tydgleuwe werk, naamlik 10:00–11:00, 11:30–12:30 en 13:00–14:00. Klik asseblief hier om jou hulp aan te bied.

Vir verdere inligting, kontak Precious Nhamo (SR-voorsitter vir Sosiale Impak, pnhamo@sun.ac.za) of Tebogo Radebe (beplanner van die SR se Sosiale Impak-geleenthede, 23748419@sun.ac.za).

Skakel: https://forms.office.com/r/aHM2ArY8dw