Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stellenbosch Forum Lesing: Dr Natalia Flores-Quiroz
Begin: 28/07/2022, 13:00
Einde: 28/07/2022, 14:00
Kontak:Whitney Prins -
Plek: MS Teams

Datum: 28 Julie 2022

Tyd: 13:00 – 14:00

Platform: MS-Teams

Registreer hier: https://forms.office.com/r/n125hqQKSM

'n MS-Teams skakel sal aan alle geregistreerde deelnemers gestuur word.

 

Klimaatsverandering en die behoefte om te leer om met vuur saam te leef - 'n Suid-Afrikaanse gevallestudie.

Wildland-stedelike koppelvlak (WSK) brande word meer algemeen oor die wêreld heen, en Suid-Afrika is geen uitsondering nie. Die toename in temperatuur en droogtes as gevolg van klimaatsverandering, die opbou van beskikbare brandstof, en die groeiende aantal huise wat in hoërisikogebiede gebou is, het die WSK-brandrisiko en die brandseisoenduur verhoog.

In hierdie lesing sal ons die faktore wat die uitkoms van Suid-Afrika se mees vernietigende WSK-brand, die 2017 Knysna-brande-voorval, beïnvloed, holisties ontleed. Hierdie voorval het meer as 19 000 ha geraak, meer as 1 000 huise vernietig, meer as 10 000 mense is ontheem en agt sterftes is aangemeld.

Deur die rekonstruksie en ontleding van die brand probeer ons vasstel: Wat was die impak van die weer en klimaatstoestande? Wat was die rol van die plantegroei? En hoe doeltreffend was die versagtingsmaatreëls? Om af te sluit, sal ons aanbevelings bespreek om die impak van WSK-brande te verminder.

 

Meer oor die aanbieder: Dr Natalia Flores-Quiroz

Natalia Flores (PhD, MSc, BIng) is 'n Na-doktorale navorsingsgenoot by die Brandingenieurswese Navorsingseenheid aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het 'n M.Sc. in Brandveiligheidsingenieurswese aan die Universiteit Gent behaal. Sy was 'n raadgewende brandweeringenieur wat aan mynbouprojekte in Chili gewerk het voordat sy by die akademie aangesluit het.

Haar navorsingsgebiede sluit in die heropbou van vorige brandvoorvalle, lae-inkomste nedersettings brandveiligheid en wildland stedelike koppelvlak (WSK) brande. Sy pas tans haar werk, as 'n nadoktorale navorser, toe op een van die wêreld se grootste vlugtelinge-kampbrande wat in Cox's Bazaar in Bangladesj plaasgevind het. Sy is tans aktief in navorsing oor 'n verskeidenheid brandverwante onderwerpe en hou toesig oor MIng- en PhD-studente.

Behalwe vir die publisering van vier joernaalartikels, en mede-outeur van nog vier deur haar studies, het sy ook 'n Vereniging vir Brandbeskermingsingenieurswese (VSA)-studentetoelae vir haar werk ontvang.