Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
AVReQ drieledige gespreksreeks oor die geweld van rassisme by die US en in Suid-Afrika
Begin: 08/06/2022, 16:00
Einde: 15/06/2022, 16:00
Kontak:Dr Azille Coetzee -
Plek: AVReQ Offices, 37 Ryneveld Street

Hierdie maand bied die Centre for the Study of the Afterlife of Violence and the Reparative Quest (AVReQ) 'n drieledige gespreksreeks aan oor die geweld van rassisme by Stellenbosch Universiteit sowel as in die breër konteks van die Suid-Afrikaanse samelewing. Die sprekers sluit in studenteleiers, -aktiviste, en akademici. Al drie gesprekke kan in persoon (by AVReQ, Ryneveldstraat 37) of aanlyn bygewoon word. 

Die reeks sluit die volgende drie gesprekke in:

 

Ontworteling van Rassisme by SU: 'n verkennende gesprek

Woensdag 8 Junie 2022, 12:30 tot 13:45

Die paneellede is John van Niekerk (Primarius van Wilgenhof Manskoshuis), Westley Ceasar (SU alumnus en navorsingsassistent by AVReQ), en Dr Wilhelm Verwoerd (Senior Navorser by AVReQ). Die gesprek sal gefasiliteer word deur Professor Pumla Gobodo-Madikizela.

Om in persoon by te woon, registreer hier.

Om aanlyn by te woon, registreer hier.


Teologiese Wortels van Witheid en die Soeke na Reparasie in Suid-Afrika

Lesing deur Cobus van Wyngaard (Medeprofessor in Sistematiese Teologie by UNISA)

Dondrdag 9 Junie 2022, 12:30 tot 13:45

Die verstrengelde geskiedenis van witheid en Christenskap is 'n kwessie van deurlopende kommer, en onlangse navorsing het bygedra tot 'n beter begrip van die maniere waarop die Christelike teologie die koloniale wêreld onderlê, en terselfdetyd daardeur verdraai word. Hierdie lesing sal poog om te wys hoe 'n verstaan van die teologiese wortels van witheid ons daarmee kan help om die spesifieke geskiedenis van rassisme in Suid-Afrika aan te vat, en dit sal verken hoe 'n taal van reparasie ons kan help om te sien watter werk van ons vereis word binne en deur Christelike teologie vir die beswil van die gemeenskappe waarin ons ingebed is.

Om in persoon by te woon, registreer hier.

Om aanlyn by te woon, registreer hier.


'n Gesprek: Anti-Rassisme studenteaktivisme en die Soeke na Reparasie by Stellenbosch Universiteit

Woensdag 15 Junie, 12:30 tot 13:45

Hierdie gesprek sal gevoer word deur die volgende studente: Nomzamo Ntombela (AVReQ), Rabia Omar (AVReQ), Christine Venter (Teologie, SU) en Lyndon Mactavie (Teologie, SU). En dit sal gefasiliteer word deur beide Dr Wilhelm Verwoerd (AVReQ) en Professor Nadine Bowers-Du Toit  (Praktiese Teologie en Missiologie, SU). 

Om in persoon by te woon, registreer hier.

Om aanlyn by te woon, registreer hier.