Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Akademieskap van Onderrig en Leer- konferensie
Begin: 01/06/2022, 13:00
Einde: 30/09/2022, 13:00
Kontak:Anthea HM Jacobs - (021) 808 9258
Plek: Hybrid

 US AvOL-konferensie 2022: Abstrakte welkom 

Registrasies is oop en kongresabstrakte word ingewag vir die 2022 Akademieskap van Onderrig en Leer- (AvOL-)konferensie aan die US. Die kongrestema vir vanjaar is 'Assesseringskultuur en -praktyke in heroënskou vir ʼn transformerende studente-ervaring'. Dit sal ʼn hibridiese geleentheid wees wat plaasvind van 24 tot 26 Oktober 2022. Die voorkonferensiewerkwinkels sal van aangesig tot aangesig aangebied word by die Devon Valley Protea-hotel net buite Stellenbosch. Die res van die kongres sal aanlyn op MS Teams plaasvind. 

Daar is tyd tot 31 Julie om kongresabstrakte in te dien, en registrasies sluit op 30 September.  

Hoofpaneel: Professor Jenni Case (Virginia Tech Universiteit); professor Francois Cilliers (UK); derde lid van die paneel (verbonde aan die US) sal bevestig word. 
Hoofspreker: Professor Paul Ashwin, Universiteit van Lancaster 

 

Besoek die US se AvOL-kongreswebruimte gerus vir meer inligting.  ​

Anthea H M Jacobs 

US AvOL-konferensiesameroeper