Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
ANO-inligtingsessie: Projekbegrotings
Begin: 07/06/2022, 12:00
Einde: 07/06/2022, 12:30
Kontak:Whitney Prins -
Plek: MS Teams

​'n Gedetailleerde begroting moet voorberei word vir elke navorsingskontrak wat finansiële implikasies het. Sommige befondsingsagentskappe is baie voorskriftelik oor watter items befonds sal word en by die begroting ingesluit kan word. Dit is belangrik om te verseker dat die begroting volledig is en alle moontlike kostes insluit.

Hierdie kort sessie oor Projektebegrotings sal deur Suzette Els, Projekrekenmeester, aangebied word.

Hierdie sessie sal projekbegroting dek; waar om te begin, goedkeurings en nakoming van finansiële beleide, asook finansiële verslagdoening aan befondsers.

Datum: 7 Junie 2022

Tyd: 12:00 – 12:30

Platform: MS Teamss

Klik op die skakel om te registreer: https://forms.office.com/r/JPA44H59i4

Die MS Teams-skakel sal aan alle geregistreerde deelnemers per e-pos gestuur word.

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Whitney Prins by drdcomm@sun.ac.za