Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
20 Mei: 2022 Jaarlikse Jeugdaglesing met prof Madiba
Begin: 20/05/2022, 09:00
Einde: 20/05/2022, 12:30
Kontak:Shanté Neff -
Plek: Attie van Wijk auditorium, Faculty of Theology, 171 Dorp Street, Stellenbosch

​Die 2022 Jaarlikse Jeugdaglesing vind plaas op Vrydag 20 Mei van 9:00 tot 12:30 in die Attie van Wijk-auditorium by die Fakulteit Teologie. Die Jeugdaglesing is ʼn jaarlikse geleentheid wat deur die Fakulteit Teologie aangebied word, en vanjaar het die Transformasiekantoor en Taalsentrum saamgewerk om die geleentheid te beplan en uit te  voer.

Vanjaar se tema is 1976 tot 2022: Studente-ervarings van taal in die hoër onderwys. Prof Mbulungeni Madiba, dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde en kenner op die gebied van meertaligheid, is die hoofspreker. Verskeie studenteleiers sal aan die paneelbespreking deelneem.

Die Jeugdaglesing is ʼn waardevolle geleentheid vir ons as personeel om na studentestemme te luister en die ervaring wat hulle van taal het betreffende dit wat ons aanbied, ter harte te neem. Oorweeg dit gerus om die geleentheid by te woon! RSVP asseblief deur die vorm in te vul: https://forms.office.com/r/REETciTAzk.

Die Jeugdaglesingplakkaat is besikbaar in Afrikaans, Engels en Xhosa – kyk gerus daarna deur die skakels te volg.

​Navrae: Ms Shanté Neff, Transformasieprogramkoördineerder, shante@sun.ac.za