Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Intreerede: prof Johan Fourie
Begin: 17/05/2022, 17:30
Einde: 17/05/2022, 19:00
Kontak:Amira Brown - -
Plek: Room/Kamer 1046, Van der Sterr

​Prof Johan Fourie van die Departement Ekonomie in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe sal sy intreerede getiteld South Africa's Long Walk to Economic Freedom: A Personal Journey op 17 Mei 2022 om 17:30 lewer.​

In prof Fourie se woorde: “Deur die geskiedenis van my eie familie, die Fouries, vertel ek 'n verhaal van Suid-Afrika se ekonomiese ontwikkeling. Sedert die aankoms van Hugenote-vlugteling Louis Fourie 333 jaar gelede aan die suidpunt van Afrika tot die geboorte van my seun, Dawid Fourie, in 2021, is die Fouries nie net deur die ekonomiese, politieke en sosiale verandering in die land gevorm nie, maar het hulle dit help vorm. Al was daar baie verkeerde wendings in die land, sal ek hopelik toon dat dit ook vorentoe beweeg het. Ondanks die mistroostige vooruitsigte tans, is dit goed om te onthou dat ons lewens beter is as wat ons voorouers hulle ooit kon indink. Maar meer werk lê voor om te verseker dat welvaart deur almal gedeel word."

  • Vir verdere inligting en om die intreerede by te woon, hetsy persoonlik of aanlyn, kliek hier, asb.