Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Afrika-museums: Die vraag van die museum en die nasionaal
Begin: 12/05/2022, 15:00
Einde: 12/05/2022, 16:30
Kontak:Dr Geraldine Frieslaar - 021 808 2002
Plek: MS Teams

SLEGS GESPREKKE

Die Stellenbosch Universiteitsmuseum nooi u uit na ʼn bespreking oor:

“Afrika-museums: Die vraag van die museum en die nasionaal"


Aanbieders

Prof Ciraj Rassool

Ciraj Rassool is ʼn Senior Professor in Geskiedenis aan die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK), waar hy ook Museum- en Erfenisstudies en Kuratorskap onderrig. Onder sy jongste publikasies tel The Politics of Heritage in Africa: Economies, Histories and Infrastructures, onder mederedaksie van Derek Peterson en Kodzo Gavua; Rethinking Empire in Southern Africa, onder mederedaksie van Dag Henrichsen, Giorgio Miescher en Lorena Rizzo; en Unsettled History: Making South African Public Pasts saam met mede-outeurs Leslie Witz en Gary Minkley. Hy het op die raad van die Distrik Ses-museum, Iziko Museums van Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap en die Nasionale Erfenisraad gedien. Hy was ook voorheen die voorsitter van die Wetenskaplike Komitee van die Internasionale Raad van Afrika-museums (AFRICOM). Hy is onlangs in die nuwe SA Nasionale Adviesraad vir Restitusie en Repatriasie aangestel.

Prof Peter Probst

Peter Probst is ʼn Professor in Kunsgeskiedenis en Antropologie aan Tufts Universiteit in Boston, waar hy ook in beheer is van die Museums-, Herinnering- en Erfenisprogram. Hy is die outeur en redakteur van verskeie boeke, waaronder National Museums of Africa, Osogbo and the Art of Heritage, Kalumbas Fest en African Modernities. Sy jongste boek, What is African Art? A Short History, sal in Desember 2022 deur University of Chicago Press vrygestel word.

Prof George Abungu

George Abungu is ʼn argeoloog wat sy opleiding aan Cambridge ontvang het, en die emeritus- Direkteur-Generaal van die Nasionale Museums van Kenia. Hy was ʼn gas-akademikus by die Getty Bewaringsinstituut en die Getty Navorsingsinstituut, en ʼn besoekende professor by talle universiteite regoor die wêreld. Hy is die ontvanger van die Ife-prys vir Museumkunde (2007); die Onderskeiding van “Passeur du Patrimoine" (2009); en ʼn Lewenslange Prestasie ter Verdediging van die Kunste (2012). Hy het werke oor argeologie, erfenisbestuur, onwettige handel in erfenis, restitusie, museumkunde, en erfenis en volhoubare ontwikkeling uitgegee. Hy is ʼn genoot van die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing, Universiteit Stellenbosch, en is die stigter-professor van erfenisstudies aan die Universiteit van Mauritius.

 

Moderator:

Dr Geraldine Frieslaar (Kurator van Navorsing, Dialoog en Maatskaplike Geregtigheid)

 

Datum: Donderdag 12 Mei 2022

Tyd: 15:00 – 16:30 SAST

Webinaar: TEAMS​


​Kliek om te registreer:

JustConversations