Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin: Inligting-geletterdheid en akademiese geletterdhede
Begin: 26/07/2022, 12:45
Einde: 26/07/2022, 13:45
Kontak:Lucy Lucks - 021 808 3717
Plek: Virtual: MS Teams

​Die Onderwerp

Die ontwikkeling van inligting-slim studente – bibliotekarisse en hulle geheime rol in die onderrigagenda van die Universiteit  Stellenbosch 

Op universiteitsvlak moet studente en personeel in staat wees om die wêreld van inligting te navigeer – om te verstaan hoe om navorsing te doen, te weet watter hulpbronne beskikbaar is en om die hulpbronne in jou eie konteks te kan evalueer, is ʼn vaardigheid wat talle moet bemeester om dit deur hulle universiteitsgraad te maak. Daar word soms aanvaar dat hierdie vaardigheid as ʼn neweproduk van opdragte en uitslae aangeleer word, maar daar moet uitgelig word dat die universiteit oor ʼn (geheime) skatkis van kundigheid beskik om hierdie noodsaaklike vaardighede te onderrig: bibliotekarisse. 

Bibliotekarisse is op versoek van dosente daarby betrokke om studente se vermoë om inligting te vind, te verstaan en te evalueer, onder ander inligtingsgeletterdheidsvaardighede, te help verbeter. Hierdie vaardighede kan studente help om van die eerste jaar af in hulle studies uit te blink, as die fakulteit die bibliotekarisse betrek. Ons wil wys hoe ons bibliotekarisse by onderrig in die Universiteit betrokke is en sommige van die suksesverhale en vaardighede, wat dalk nie so algemeen bekend is nie, deel om meer fakulteite aan te moedig om suksesvol met hulle bibliotekarisse saam te werk. 

Ons wil hierdie verhale ook deel sodat fakulteite kan besef dat hulle nie kenners op hierdie gebied hoef te wees nie en dat hulle steun het met die onderrig van vaardighede soos bronverwysings, die lees van akademiese inligting, die evaluering van inligting en meer. 

Dit is nie slegs die fakulteit en die biblioteek wat by hierdie vennootskappe baat nie, maar die studente voel ook beter toegerus vir navigasie. Om die meerderheid studente ná afloop van hulle eerste sessie met ʼn bibliotekaris aan te haal: “Hoekom het ek dit nie in my eerste jaar al geleer nie?"


Die Sprekers

Mev Elizabeth Moll-Willlard & Mnr Jeremiah Pietersen

Elizabeth is ʼn fakulteitsbibliotekaris in die US Biblioteek en Inligtingsdiens, wat spesifiek aan die Fakulteit AgriWetenskappe verbonde is. Sy is geesdriftig oor onderrig- en navorsingsteun aan die Universiteit.

Jeremiah is vir leer en opleiding in die US Biblioteek en Inligtingdiens verantwoordelik. As deel van hierdie rol, ontwikkel hy die opleidingskundigheid en

-kapasiteit oor alle biblioteekdienste heen.​


Kliek hier om aan te sluit op MSTeams om 12.45 


Navrae & Besprekings

Lucy Lucks
llucks@sun.ac.za
021 808 3717

Dis nie nodig om te RSVP of te bespreek nie, sluit net aan op MSTeams.​


Lees hier meer oor Auxin​​